Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

waardeaandeel s.nw. | waardeaandele | (ekonomie) ongewilde aandeel in die mark wat teen ’n beduidende afslag op sy wesenlike waarde verhandel: Die identifisering van ’n waardeaandeel wat ’n goeie beleggingsgeleentheid verteenwoordig, is potensieel lonend, maar ’n belegger behoort nie al sy geld op dié een kaart te verwed nie. Belegging vereis baie geduld, toewyding en ’n langtermyn-ingesteldheid, en die identifisering van sulke waardegeleenthede vereis dikwels baie tyd en fokus (Finweek, 29 Januarie 2015 ). ’n Goeie beginpunt vir beleggers wat waardeaandele wil identifiseer, is om die belêbare omgewing volgens verskeie waardasiemaatstawwe te deursoek (Finweek, 29 Januarie 2015 ). Tradisionele waardeaandele, dié met lae prys-verdienste- en prys-tot-boekwaarde-veelvoude, het in die algemeen swakker gevaar as aandele wat onder ander beleggingstyle geklassifiseer kon word (Finweek, 29 Januarie 2015 ).ENGELS: value share

 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther