Bygewerk op 2 Maart 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 449
ghoemahare s.nw. [geen meervoud] suiker met pastelkleursel daarby ingemeng wat gespin is tot ’n bol lekkergoed wat aan watte herinner, gewoonlik op 'n stokkie of in 'n deursigtige, luggevulde plastieksakkie aangebied: › Jou siel sleep. En in jou kom lê ’n diep lus vir outydse pienk ghoemahare. Pienk suikervertroosting wat om en om ’n stokkie gedraai is en nie ’n opgepofte plêstieksakkie met grillerige pienk of groen spookasem daarin nie (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001). › Regte ghoemahare waaraan kinders hulle kotsnaar kon eet toe hulle nog kon vertrou dat grootmense niks meer sou doen as net die taaigeit van hul gesig afvee nie. (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001). ◌ SINONIEM(E): spookasem | suikerdons ◌ ENGELS: candyfloss
KYK OOK: spookasem
samestellings:
ghoemahare-pienk: › Ryg aan dié lap jou ghoemahare-pienk een, sal jy? (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001).
geslagsdisforie
geslagsgeweld
geslagskleur
geslagsneutraal
gesondheidsbevorderingsheffing
gesondheidspas
gesteunde
getap
getjarra
getjil
geuraksent
gevaar
gevaarloon
gevoetesleep
gewatsegoeters
gewingerd
gewoer-woer
gewolt
gezoei
gezonk
ghaazie
ghai
ghellie
ghoemahare
ghoes
ghoesl
ghonnaghoet
ghost
ghries
ghwa
ghwaai
gielaaf
gierplank
gierslaaf
gigu
gilap
gin
gin-en-tonic
GIS
giya
glamp
glampeer
glansgans
glanskamp
glanskampeer
glanskampering
glim-