{"id":1173,"date":"2026-08-05T09:27:15","date_gmt":"2026-08-05T09:27:15","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?page_id=1173"},"modified":"2026-08-05T21:00:07","modified_gmt":"2026-08-05T21:00:07","slug":"en-nog-wat","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/","title":{"rendered":"En nog WAT"},"content":{"rendered":"\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><a href=\"https:\/\/www.amazon.com\/dp\/B0GZ6KWXP9?lv=shuf&amp;language=es&amp;channelId=500&amp;plpRedirect=mhFallback\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"600\" height=\"847\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/En-nog-WAT.webp\" alt=\"\" class=\"wp-image-1174\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/En-nog-WAT.webp 600w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/En-nog-WAT-213x300.webp 213w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/a><\/figure>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\">\u2019n Viering van Afrikaans<\/h4>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die&nbsp;<em>Woordeboek van die Afrikaanse Taal<\/em>, die&nbsp;<em>WAT<\/em>, word die taal van vandag, van die onlangse verlede en van vroe\u00ebr, Afrikaans van die begin af, opgeteken. Woorde en uitdrukkings uit die algemene vari\u00ebteit, die standaardvari\u00ebteit van Afrikaans, en woorde en uitdrukkings uit al Afrikaans se ander vari\u00ebteite. Leksikale items uit vaktaal, wetenskapstaal, skryftaal, geselstaal, streektaal, vloektaal, en alles tussenin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soms kom daar woorde verby wat dalk ongewoon, onbruikbaar of verouderd lyk. Vat \u2019n mens hulle spoor, is dit egter nie altyd die geval nie. In elke streek, distrik, stad, dorp, woonbuurt, huis leef daar in die spreektaal van mense van verskillende generasies unieke woorde en uitdrukkings.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van baie Afrikaanse woorde, verstrengel met woorde en uitdrukkings uit eie bodem, uitdrukkings en woorde van ander vastelande, eilande, ander tale, reik die wortels terug via Nederlands, Middelnederlands, Oudnederlands, Germaans, tot by die hipotetiese vrugbeginsel: die oertaal Proto-Indo-Europees. Woorde en dele van woorde wat tussen 6 000 en 7 000 jaar gelede ontstaan het, wat vandag nog gebruik word.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Ampas en riewas<\/li>\n\n\n\n<li>Herfsblaarswerwers en towerbruintjies<\/li>\n\n\n\n<li>Kokkewiet en Kettemek\u00ea<\/li>\n\n\n\n<li>Langerape, korteknape<\/li>\n\n\n\n<li>KI en promptografie<\/li>\n\n\n\n<li>Die Polonie van Benoni<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Deegpop met rosyntjie-o\u00eb<\/li>\n\n\n\n<li>Braaikoebaai en hondtrovert<\/li>\n\n\n\n<li>Derwisjdans en duiwelskringloop<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hieroor en meer skryf Jana Luther sedert 2018 vir\u00a0<em>Beeld<\/em>,\u00a0<em>Die Burger<\/em>\u00a0en Netwerk24 \u2019n tweeweeklikse taalrubriek, <em>Woordewisseling<\/em>. Langer weergawes word soms in die RSG-program\u00a0<em>Taaldinge<\/em>\u00a0uitgesaai. Uit di\u00e9 meer as 200 rubrieke wat reeds in Afrikaanse koerante en aanlyn verskyn het, het sy vir die viering van die\u00a0<em>WAT<\/em>\u00a0se 100ste bestaansjaar in 2026 die 100 rubrieke in hierdie bundel uitgekies en saamgevoeg.<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\">\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cIn haar rubrieke het Jana lesers oor jare bemagtig met nuwe woorde, insig gegee in die betekenis van bestaande woorde, laat gesels oor die moontlike nuwe betekenisse van woorde en uitgedaag om te dink oor die konteks waarin woorde gebruik word. Die publikasie van hierdie bundel in 2026 is \u2019n belangrike merker in die eeufeesviering van die&nbsp;<em>Woordeboek van die Afrikaanse Taal<\/em>&nbsp;en \u2019n beduidende byvoeging tot die bewaring en viering van Afrikaans.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right wp-block-paragraph\">\u2013 Johanna van Eeden, Netwerk24<\/p>\n<\/blockquote>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Viering van Afrikaans In die&nbsp;Woordeboek van die Afrikaanse Taal, die&nbsp;WAT, word die taal van vandag, van die onlangse verlede en van vroe\u00ebr, Afrikaans van die begin af, opgeteken. Woorde en uitdrukkings uit die algemene vari\u00ebteit, die standaardvari\u00ebteit van Afrikaans, en woorde en uitdrukkings uit al Afrikaans se ander vari\u00ebteite. Leksikale items uit vaktaal, wetenskapstaal, &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">En nog WAT<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-1173","page","type-page","status-publish","hentry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/1173","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1173"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/1173\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1196,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/1173\/revisions\/1196"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1173"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}