{"id":179,"date":"2019-12-27T08:54:57","date_gmt":"2019-12-27T08:54:57","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=179"},"modified":"2019-12-27T08:54:58","modified_gmt":"2019-12-27T08:54:58","slug":"so-skep-ons-in-taal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2019\/12\/27\/so-skep-ons-in-taal\/","title":{"rendered":"So skep ons in taal"},"content":{"rendered":"\n<p>Dis werklik indrukwekkend. Dit wat \u2019n mens van jou moedertaal weet. Hoe jy dinge wat jy waarneem, jou gewaarwordinge daaromtrent, tot in die fynste besonderhede in jou taal kan verwoord. Dit is die onderwerp van \u2019n nuwe boek deur die Nederlandse joernalis-taalkundige Liesbeth Koenen:&nbsp;<em>Wat je zegt, gaat vanzelf<\/em>. \u201cSo gaan dit met taal: Jy weet nie wat jy weet nie, en dat jy dit nie weet nie, weet jy \u00f3\u00f3k nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sondag luister ek na Liesbeth, op YouTube aan die woord.<\/p>\n\n\n\n<figure><iframe loading=\"lazy\" width=\"560\" height=\"315\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/NmMuhdkD_rw\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen=\"\"><\/iframe><\/figure>\n\n\n\n<p>Net so, dink ek. Onbuigsame voorskrifte, punteneurigheid skrik taalgebruikers af. Hoekom fokus ons gedurig op die praat- en skryffoute wat moedertaalsprekers maak? Waarop ons meer dikwels moet wys, is tog sekerlik hoeveel gewone taalgebruikers r\u00e9\u00e9ds weet, wat hulle vanself goed kan doen, hoe bevredigend dit is om goed met taal te werk.<\/p>\n\n\n\n<p>Moenie bang wees om te skryf nie, moet ons s\u00ea. Jy kan aanvoel of \u2019n sin goed is of nie. Ons kan oor spelfoute praat, maar spelling is maar net \u2019n klein onderdeel van die taalkennis waaroor jy beskik. Nes Liesbeth, vind ek die gedurige gehamer op foute soms erg vervelend.<\/p>\n\n\n\n<p>Van die vroegste tye af voel ouer geslagte jonger geslagte laat die taal agteruitgaan. Dat hulle nie meer behoorlik kan praat nie, nie meer behoorlik kan skryf nie, nie behoorlik kan spel nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Jong mense? Hulle is oorwegend onbesorg. Hulle stel belang in wat hulle weet en wat hulle kan doen. Hulle is nie bang om hulle taal te gebruik nie. Dis tog wat ons wil h\u00ea? Dat \u2019n mens vry voel in jou taal. Dat jy dit skeppend gebruik; dat jy mooi dinge in jou taal kan doen.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer iemand \u2019n taalvraag vra, sal ek as teksredakteur of as Taalkommissielid daarop probeer antwoord, maar in die re\u00ebl probeer ek blogs en rubrieke soos di\u00e9 liewer vroliker hou. As woordeboekmaker is ek deurentyd van die rykdom en seggingskrag van Afrikaans bewus. Afrikaans as lewende taal. Daarin wil ek my verdiep.<\/p>\n\n\n\n<p>Daarom lees, lees, lees ek, luister ek, swerf ek op die internet rond.<\/p>\n\n\n\n<p>Maandag vertoef ek op my musiekstromingsdiens se Wat is nuut?-blad. Ek blaai deur die jongste Afrikaanse vrystellings. Heeloggend luister ek, lees ek lirieke.<\/p>\n\n\n\n<p>Blouwildebliksemsfontein.<\/p>\n\n\n\n<p>Bekentenis: Dit doen ek nie gereeld nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Op 1 November 1993 skryf wyle Johan Spies in sy laaste Taalgereedskap-rubriek: \u201cOns het al ons regte Afrikaners gehad, daar in 1870, maar ons is nie altyd so seker waar en wanneer ons met regte Afrikaans te doen het nie &#8230; Elke lewende taal is voortdurend in &#8216;n toestand van vloeibaarheid en verandering. Daar is geen sterk kamer in die reserwebank van die taal waar sy woordskatte onaangeraak bewaar word nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Vergun my dus maar di\u00e9 aanhaling van enkele voorbeelde \u2013 saamgestring uit verskillende liedtekste, maar die woorde presies soos hulle daar staan:<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns gaan groot gaan &#8230; Die sonsak is oranje &#8230; Saam die manne gestaan in \u2019n kring &#8230; waar die miskiete op n streep van die koue verkleim &#8230; Ek kan nie glo dat jy is so stout nie &#8230; Te veel keur gekies teen rede en verstand &#8230; Onthou ek het nie veel nie, maar jy kan alles vat. Tweedehandse woorde &#8230; Is jy die een wat die vakkel dra? &#8230; Staan op uit die as uit steek jou vakkel aan. Huis \u00f1 vlag uit jou hart uit. Jys afrikaans &#8230; di henuwee, di henuwee [die Here weet].&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>Taalverarming sal nie deur wette of voorskrifte of watter instansie ook al gekeer word nie; net deur sorgsame taalgebruikers self met respek vir hul taal.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis werklik indrukwekkend. Dit wat \u2019n mens van jou moedertaal weet. Hoe jy dinge wat jy waarneem, jou gewaarwordinge daaromtrent, tot in die fynste besonderhede in jou taal kan verwoord. Dit is die onderwerp van \u2019n nuwe boek deur die Nederlandse joernalis-taalkundige Liesbeth Koenen:&nbsp;Wat je zegt, gaat vanzelf. \u201cSo gaan dit met taal: Jy weet &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2019\/12\/27\/so-skep-ons-in-taal\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">So skep ons in taal<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-179","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/179","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=179"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/179\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":180,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/179\/revisions\/180"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=179"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=179"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=179"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}