{"id":181,"date":"2019-12-27T09:08:45","date_gmt":"2019-12-27T09:08:45","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=181"},"modified":"2019-12-27T09:09:15","modified_gmt":"2019-12-27T09:09:15","slug":"laat-hy-val-waar-hy-wil","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2019\/12\/27\/laat-hy-val-waar-hy-wil\/","title":{"rendered":"Laat hy val waar hy wil"},"content":{"rendered":"\n<p>Die jaar loop uit. Ons berei voor vir Kersfees. Oor \u2019n bietjie meer as \u2019n week wag ons in die holste van Oujaarsnag op Nuwejaar, en dan dans of strompel of slaap ons die ou jaar uit, die nuwe in.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cNuwejaar\u201d. Een woord, vas, ja, met \u2019n hoofletter en meestal sonder \u2019n lidwoord, as die skrywer Nuwejaarsdag, 1 Januarie, bedoel. Twee woorde, los van mekaar, met kleinletters, \u201cdie nuwe jaar\u201d, verwys na die volgende 365 dae, of, as dit \u2019n skrikkeljaar is, 366.<\/p>\n\n\n\n<p>As \u2019n angsgevoel \u2019n mens skielik oorval en jou lyf onwillekeurig ruk, skrik jy. Dit is dalk die gevoel wat di\u00e9 nuwe jaar by baie van ons wek. Duisend jaar gelede in Middelnederlands, het \u201cskrik\u201d beteken \u201com aan te stryk, om met lang tre\u00eb te stap\u201d. Nog vroe\u00ebr was \u201cskrik\u201d \u201cspring\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Prima voorbeeld van hoe die betekenis van \u2019n&nbsp;woord oor eeue verander.<\/p>\n\n\n\n<p>Uit Middelnederlands se \u201cscrikken\u201d het die herhalingswerkwoord (iteratief) \u201cskrikkel\u201d ontstaan. \u2019n Iteratief dui aan dat \u2019n handeling keer op keer herhaal word. Iteratiewe word aan die ou uitgange \u201c-el\u201d of \u201c-er\u201d herken. In hedendaagse Afrikaans is di\u00e9 uitgange nie meer produktief nie, maar ons sien hulle nog in ou werkwoorde soos \u201cgiggel\u201d, hakkel\u201d, \u201cklapper\u201d, \u201cpruttel\u201d, \u201cstotter\u201d. \u201cDruppel\u201d het oorspronklik beteken \u201com in druppels te val\u201d. \u201cHuppel\u201d \u201com weer en weer te hop\u201d, \u201ckrabbel\u201d \u201com te krap\u201d, \u201cskrikkel\u201d \u201com te spring\u201d. Aan 29 Februarie, skrikkeldag, kan \u2019n mens dus dink as \u2019n dag wat in die kalender spring om die tydrekening in orde te bring. 2020 is \u2019n skrikkeljaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is ook die begin van \u2019n nuwe dekade. Of is dit?<\/p>\n\n\n\n<p>Elke Op de Beeck, van die horlosiemuseum in Mechelen, Belgi\u00eb, verduidelik dit so: Die wisseling van 19 na 20, met die nul agter die jaartal, laat dit voel asof een hoofstuk afgesluit is en \u2019n nuwe begin. Maar dit klop nie. In ons Gregoriaanse kalender begin die jaartelling by 1. \u2019n Nuwe eeu, s\u00ea maar die 19de, begin dus in 1801 en loop in 1900 ten einde. As ons di\u00e9 logika volg, moet ons op 2021 wag voor ons \u2019n nuwe dekade kan vier. Maar, s\u00ea Elke, hoe raar dit ook mag klink, waar jy begin tel, hang eintlik maar van jou af. \u2019n Nul in \u2019n jaartal is \u2019n sielkundige drumpel. Baie mense wil dan \u2019n nuwe blaadjie omslaan. En in ons rekenaartyd word die jaar 0 bygetel. Die nuwe dekade kan dus ewe goed op 1 Januarie 2020 begin.<\/p>\n\n\n\n<p>In Nederlands word daar na \u2019n tydperk van 10 jaar as \u2019n \u201cdecennium\u201d verwys. \u201cDesennium\u201d, uit Latyn, staan ook in die WAT en die HAT, maar di\u00e9 woord beskou ons in Afrikaans vandag as deftig of verouderd; \u2019n mens hoor dit nie eintlik meer nie. In Afrikaans gebruik ons \u201cdekade\u201d \u2013 met die betekenis \u201ctiental\u201d \u2013 soos in Engels, uit Grieks.<\/p>\n\n\n\n<p>In Nederlands verwys \u201cdecade\u201d na \u2019n periode van 10 dae, meer bepaald enigeen van die drie tydvakke van 10 dae elk waarin die maand in die ou Griekse kalender en later ook tydens die Franse Revolusie verdeel was. Pasop dus maar vir misverstand.<\/p>\n\n\n\n<p>Soos in die geval van onnadenkende napraters van Engels, wat na \u201cthe turn of the decade\u201d, \u201cthe turn of the century\u201d verwys. Hulle het die betekenis aan die stert beet, wanneer hulle praat van \u201cdie eeuwending\u201d, of \u201cdie draai van die dekade\u201d. Hulle snap nie dat \u201cturn\u201d naas \u201cdraai\u201d in Engels ook \u201cverander\u201d beteken, en dat dit hier om laasgenoemde betekenis gaan nie.<\/p>\n\n\n\n<p>In Afrikaans hou ek maar by \u201ceeuwisseling\u201d en \u201cdekadewisseling\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWissel\u201d beteken om iets vir iets anders te ruil: briewe, gedagtes, ratte, tande, woorde. Die een gaan oor in die ander. Ons ruil die oue vir die nuwe.<\/p>\n\n\n\n<p>Laat ons op di\u00e9 tydvak \u2019n glasie klink.<\/p>\n\n\n\n<p>Deur die glase of kelkies drank wat ons vashou, liggies teen mekaar te laat klink, drink ons op iets of op iemand \u2019n heildronk.<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer iets klink, maak dit \u2019n kort, skerp, helder geluid. \u201cKlink\u201d kan ook beteken om met behulp van klinknaels, spykeragtige pennetjies, iets aan iets anders vas te sit. Van daar die dubbele betekenis van die werkwoord \u201cbeklink\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cBeklink\u201d kan beteken \u201com iets vas te klink, dit met klinknaels vas te sit\u201d, maar ook \u201com iets af te spreek\u201d. Sake word met \u2019n heildronk beklink. As die saak beslis is, is dit beklonke.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Heildronk word ingestel deur goeie wense uit te spreek. Iemand word gesondheid of voorspoed toegewens. Soms word \u2019n heildronkstoespraak gehou. \u2019n Feesdronk, gesondheidsdronk, welkomsdronk, of afskeidsdronk. N\u00e1 die lof- of huldigingswoorde word die teenwoordiges gevra om hulle glase te lig en op die voorspoed van \u2019n ge\u00eberde gas, of bruidspaar, of op die nagedagtenis van \u2019n oorledene&nbsp;te drink.<\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9 \u201ctoos\u201d, soos die WAT ook opgeteken het \u2013 \u201ctoos\u201d, skertsend, verouderd, na die Engelse \u201ctoast\u201d \u2013 gaan dikwels met \u2019n drinkspreuk gepaard.&nbsp;Voordat ons \u2019n slukkie vat, werp ons iets tussenin. Dalk \u201cGesondheid!\u201d, wat in die verlede met allerlei rympies uitgebrei is: \u201cGesondheid in die rondheid!\u201d \u201cGesondheid in die rondheid \u2013 en al die mooi meisies in die blomtyd!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die \u201cdronk\u201d in \u201cheildronk\u201d is nie die byvoeglike naamwoord \u201cdronk\u201d, of die bywoord \u201cdronk\u201d, wat duiseligheid of lighoofdigheid aandui, dikwels as gevolg van die gebruik van sterk drank nie. \u201cHeildronk\u201d se \u201cdronk\u201d is \u2019n selfstandige naamwoord wat direk met die werkwoord \u201cdrink\u201d verband hou.&nbsp;\u201cDronk\u201d, of \u201cdronkie\u201d, wat ons nie meer as \u2019n alleenstaande woord ken nie, net nog in enkele samestellings, beteken \u201csoveel as wat \u2019n mens op een slag kan drink\u201d. Met ander woorde \u2019n teug, \u2019n sluk, \u2019n dop of drankie. By medisyne, dalk, \u2019n dosis.&nbsp;Uit die WAT: \u201cGee my asseblief \u2019n dronkie lekker koffie.\u201d \u201cSy het \u2019n dronkie vlugsout geneem.\u201d Van Riebeeck skryf in sy Daghregister van \u201ceen dronck wyn\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>Die \u201cheil\u201d van \u201cheildronk\u201d hou verband met die woord \u201cheel\u201d, wat kom van doer ver, uit Proto-Germaans, die oermoedertaal van ons Indo-Europese taalfamilie.&nbsp;As iets heel is, is dit ongeskonde. \u201cHeel\u201d beteken ook \u201com gesond te word\u201d. As selfstandige naamwoord dui \u201cheil\u201d dus heelheid, of gesondheid, ongeskondenheid aan. Asook dinge wat daarmee verband hou: voorspoed, welsyn, welvaart, redding \u2026<\/p>\n\n\n\n<p>As \u2019n mens \u2019n heildronk op \u2019n saak instel, wens jy vir \u2019n gelukkige uitkoms. As jy \u2019n heildronk op iemand instel, wens jy die persoon gesondheid toe.<\/p>\n\n\n\n<p>Hieraan is nog \u2019n ander storie verbonde.<\/p>\n\n\n\n<p>Lank gelede, word daar vertel, was dit so te s\u00ea onmoontlik om vas te stel of \u2019n drankie dalk gif bevat het. As \u2019n gasheer in di\u00e9 vroe\u00eb eeue wou bewys het daar het in die glas drank wat hy \u2019n gas aanbied, nie dalk per ongeluk \u2019n spatseltjie gif beland nie \u2013 dat die wyn heilsaam, gesond was \u2013 het hy self eers, uit die vol glas van sy gas, \u2019n dronkie, \u2019n slukkie \u2013 \u2019n heildronk \u2013 gedrink.&nbsp;As die gas op sy beurt die gasheer vertrou, met sy lewe vertrou het; as hy gemeen het so \u2019n toetsslukkie vir gif is onnodig: dan het hy eenvoudig sy glas teen di\u00e9 van sy gasheer gestamp, en dan het die gasheer ges\u00ea:&nbsp;\u201c(Op jou) gesondheid!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dalk met \u2019n knipoog.<\/p>\n\n\n\n<p>In Afrikaans, napraters wat ons is, gebruik ons ook drinkspreuke uit ander tale. Afhangende van mense se verwysingsraamwerk en voorkeure, hoe deftig of vernaam hulle graag klink, hoor ons, waar glase gelig word, ook ander tussenwerpsels. Soos: \u201cProost!\u201d Of: \u201cProsit!\u201d \u201cProsit! Dit gaan julle goed.\u201d Uit Latyn, oorspronklik \u201cprodesse\u201d, wat letterlik beteken: \u201cMag dit tot voordeel wees.\u201d Minder algemeen: \u201cSalut!\u201d of \u201cSulute!\u201d (uit Italiaans); \u201cSant\u00e9!\u201d (uit Frans); \u201cSl\u00e1inte!\u201d (uitspraak: \u201csl\u00f4n-cha\u201d, uit Iers-Gaelies); \u201cSkol!\u201d (uit van die Skandinawiese tale; uit Ou Noors, \u201csk\u00e1l\u201d, wat \u201cbakkie\u201d of \u201ckommetjie\u201d beteken); \u201cNa zdrowie!\u201d (uit Pools, Russies); \u201cLagaim!\u201d of \u201cLegaim!\u201d (uit Hebreeus).<\/p>\n\n\n\n<p>Die WAT het laasgenoemde ook as selfstandige naamwoord opgeteken: \u201clegaim\u201d, met die betekenis van \u2019n drankie, \u2019n sopie of \u2019n dop: \u201cHulle het gou \u2019n lagaimpie in die kroeg gaan maak.\u201d \u201cGooi vir ons twee lagaimpies, asseblief!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Langs die swembad, om die braaivleisvuur, op die agterstoep s\u00ea ons sommer: \u201cCheers!\u201d En: \u201cTjorts!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Laat hy val waar hy wil.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die jaar loop uit. Ons berei voor vir Kersfees. Oor \u2019n bietjie meer as \u2019n week wag ons in die holste van Oujaarsnag op Nuwejaar, en dan dans of strompel of slaap ons die ou jaar uit, die nuwe in. \u201cNuwejaar\u201d. Een woord, vas, ja, met \u2019n hoofletter en meestal sonder \u2019n lidwoord, as die &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2019\/12\/27\/laat-hy-val-waar-hy-wil\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Laat hy val waar hy wil<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-181","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/181","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=181"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/181\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":182,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/181\/revisions\/182"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=181"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=181"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=181"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}