{"id":254,"date":"2020-01-16T14:23:10","date_gmt":"2020-01-16T14:23:10","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=254"},"modified":"2020-01-16T14:59:28","modified_gmt":"2020-01-16T14:59:28","slug":"n-kleurtjie-tussen-klip","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/01\/16\/n-kleurtjie-tussen-klip\/","title":{"rendered":"\u2019n Kleurtjie tussen klip"},"content":{"rendered":"\n<div class=\"wp-block-group\"><div class=\"wp-block-group__inner-container is-layout-flow wp-block-group-is-layout-flow\">\n<div class=\"wp-block-image\"><figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"850\" height=\"850\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/gruis.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-260\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/gruis.jpg 850w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/gruis-300x300.jpg 300w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/gruis-150x150.jpg 150w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/gruis-768x768.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 850px) 100vw, 850px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/iframe.iono.fm\/e\/802259?layout=legacy&amp;lang=en&amp;playlist=none&amp;accent=ed3d96&amp;background=ffffff&amp;border=dddddd&amp;text=444444&amp;rounded=0&amp;artwork=1&amp;description=0&amp;sharing=1&amp;waveform=1&amp;download=1\" width=\"100%\" height=\"126\" frameborder=\"0\"><a href=\"https:\/\/iono.fm\/e\/802259\">Content hosted by iono.fm<\/a><\/iframe>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Naas sy verskillende vari\u00ebteite het Afrikaans ook heelparty sosiolekte \u2013 beroepstale, groeptale, mengtale, geheimtale. Die informele spreektaal van delwers is hiervan \u2019n voorbeeld. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van die ou, informele taal van diamantgrawers is daar vandag maar min gebruikers oor, maar van die tyd toe die delwerskoors hoog geloop en duisende geluksoekers na nuut geproklameerde delwerye gestroom het, getuig \u2019n klein skat inskrywings \u2013 meer as 700 \u2013 in die WAT.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Waar uit delwerskampe dorpe en stede verrys, hardloop mans (en vroue) eens resies. Elk om \u2019n stukkie grond met mynbouregte af te pen. Wie eerste kom, l\u00ea die grense van die beste kleims vas deur op elke hoek \u2019n delfpen in te kap \u2013 \u2019n stafie met \u2019n metaalplaatjie met die naam en nommer van die delwer daarop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om jou stukkie grond om te dolwe, het jy \u2019n prospekteerliksens nodig. Vind jy \u2019n gelukkie, moet jy van die mynkommissaris \u2019n delwersliksens aanvra. Jy moet kleimgeld betaal. Dok jy nie op nie, kan \u2019n ander delwer jou kleim oorpen. Of \u2019n kleimsteler \u2013 \u2019n kleimjomper \u2013 kom in die nag, trek jou penne uit en kap syne in. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die delwerye is daar altyd iemand wat regstaan om \u2019n kleim te jomp. \u2019n Kleim wat so onwettig afgepen word, is \u2019n fop- of dommiekleim (van \u201cdummy claim\u201d).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die delwerstaal is deurspek met Engels.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met delfhamer en -pik word die gruis losgemaak.  By die wasplek verwyder die kleimeienaars en deelwerkers, of sj\u00earies, die handrof \u2013 groterige klippe \u2013 met die hand. Dan word die emmers in siwwe omgekeer. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Eers skud die tapper die bobbejaan- of rofsif, die bybie (na \u2019n Amerikaner met die van Babe), meer dikwels \u201c dommie\u201d genoem. Die dommie is \u2019n groot skommelsif. Dit hang in \u2019n vierkantige of langwerpige houtraam en word heen en weer gewieg en gestoot \u2013 gebybie \u2013 om die fyner gruis van die dommierof en oortollige sand te skei. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die dommierof, of tjommel, is klippe groter as diamanthoudende gruis, gewoonlik groter as 2,5 cm in deursnee, wat nie deur die fyner siwwe gaan nie. Saam met die handrof word dit vlugtig deurgekyk. Daar loop \u2019n legende van \u2019n skaapkopdiamant \u2026<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die diamanthoudende gruis word in die was gesit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In \u2019n wasmasjien wat met \u2019n slinger gedraai word, of met \u2019n handsif in \u2019n balie, word die gruis gegraviteer sodat die swaarste klippies afsak in die porrel \u2013 die modderige mengsel wat by die was ontstaan. Die modderwater loop weg, en die klippies bly agter.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die graviteersif of klassif, met middelgroot gaatjies, word die growwe van die fyner klippies geskei. In die klassif bly stene van \u2019n goeie formaat agter. Die sandsif, daarna, is so fyn, dit hou die kleinste diamantjies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In diamantgruis word verskillende klipsoorte aangetref: Doppe is lig en waardeloos. So ook hongerklip. Oliegruis is blink en halfdeurskynend. Kaiings bevat min of geen diamante. Asgruis is vaal met enkele klippies tussenin. Klinkers, spoelklippies van allerlei groottes en kleure, is so hard, hulle maak \u2019n klinkgeluid wanneer hulle teen mekaar stamp. In aartappelbontgruis is die klippies aartappelvormig en verskillend gekleurd, maar diamante skaars. Die vorm van patatklippe herinner aan di\u00e9 van \u2019n patat. Koring laat aan koringkorrels dink. Daar is askoekies, ertjies, moerbeie. Kwarts, kristal. Haelkorrels, bokhael.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Beenklippies, wat soos beentjies lyk, ook vetklippies genoem; geelpitjies; en blokkies, min of meer kubusvormige swart klippies, word as \u2019n goeie teken van die aanwesigheid van diamante beskou. So ook swaar, gladgespoelde klippe met verskillend gekleurde stene in hulle samestelling, sodat dit lyk asof daar om elkeen \u2019n band is. Vandaar die naam \u201cbantom\u201d uit \u201cbandom\u201d, soms ook \u201cbantam\u201d: aartappelbantom, bessiebantom, groenblaarbantom (met die vorm van \u2019n doringboom se blaartjie), koedoebantom (waarvan die grondkleur met \u2019n dowwer of helderder band aan die kleur van &#8216;n koedoe laat dink), krytbantom (met \u2019n krytagtige lagie), lak- of rooilakbantom (met \u2019n kleur soos di\u00e9 van outydse se\u00ebllak), en meer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tussen al di\u00e9 klippe bly die delwer op die uitkyk na \u2019n kleurtjie, \u2019n blinkklippie, al is dit maar \u2019n sanddiamantjie: \u2019n mellie, mekkeltjie of skerfie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soms l\u00ea daar \u2019n amber (amberkleurig), bierbottel (groen en nie veel werd nie), frossie of koutie (met \u2019n kalklagie bedek), melkie (melkerig wit) of keppie (halfrond met \u2019n plat kant) in die sif.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jy die dag regtig gelukkig is, dalk \u2019n duimkop, kalfs- of osoog. (\u201cEk het heelm\u00f4re die gevoelentheid gehad,\u201d s\u00ea \u2019n langbaard wat van die een delwery na die ander drentel.)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ware blinkoog is \u2019n glasie, helder en deursigtig, soos ongekleurde glas. \u2019n Glasdiamant sonder foute is een van die waardevolste diamante. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Geluk op die delwerye moet gevier word, gewoonlik met drank: N\u00e1 die vonds, met uitvaltyd, gaan die delwers om \u2019n hakertjie te maak en die diamant te \u201cdoop\u201d. So laat baie delwers hulle swaarverdiende geld deur die keel glip.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Kleim dra grof as dit groot diamante oplewer, maar meer dikwels getuig die grondkneukels van \u2019n uitgewerkte delwery \u2013 ronde hopies grond in rye, wat aan die kneukels van \u2019n hand laat dink \u2013 van meer teleurstellings as suksesse: die allemansverdriet van \u2019n allemanstrek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Diamant wat nie aan die verwagtinge van sy vinder voldoen nie, omdat dit vlekke het, gebars is of te klein is, is \u2019n jammerklippie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die ou end is die meeste diamante maar jammerklippies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cJammer hy\u2019s nie groter nie,\u201d word daar ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Of in die geval van \u2019n makdiamant, onwettig bekom: \u201cJammer hy\u2019t \u2019n man in die kliptronk laat beland.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right wp-block-paragraph\"> <em>Jana Luther<\/em><br><br><em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 17 Januarie 2020 in die rubriek \u201cWoordwisseling\u201d in<\/em> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"100\" height=\"42\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 100px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Content hosted by iono.fm Naas sy verskillende vari\u00ebteite het Afrikaans ook heelparty sosiolekte \u2013 beroepstale, groeptale, mengtale, geheimtale. Die informele spreektaal van delwers is hiervan \u2019n voorbeeld. Van die ou, informele taal van diamantgrawers is daar vandag maar min gebruikers oor, maar van die tyd toe die delwerskoors hoog geloop en duisende geluksoekers na nuut &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/01\/16\/n-kleurtjie-tussen-klip\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">\u2019n Kleurtjie tussen klip<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-254","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/254","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=254"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/254\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":271,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/254\/revisions\/271"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=254"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=254"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=254"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}