{"id":273,"date":"2020-01-31T07:05:19","date_gmt":"2020-01-31T07:05:19","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=273"},"modified":"2020-01-31T07:43:07","modified_gmt":"2020-01-31T07:43:07","slug":"uit-die-mond-uit-die-hart","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/01\/31\/uit-die-mond-uit-die-hart\/","title":{"rendered":"Uit die mond, uit die hart"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"has-text-align-right\"><em>Die skatte wat ons opvergaar,<br>word net vir mot en roes bewaar. <\/em><br> \u2013 <n>Eug\u00e8ne Marais<\/n><\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-image\"><figure class=\"aligncenter size-medium\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"206\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/knope-300x206.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-274\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/knope-300x206.jpg 300w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/knope.jpg 496w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p><strong>Opgaar <\/strong>ww., het opgegaar; <strong>opgegaarde<\/strong>. <em>Met verloop van tyd tot \u2019n groot hoeveelheid bymekaarmaak of versamel en vir latere gebruik berg; met verloop van tyd bymekaarmaak of versamel vanwe\u00eb \u2019n begerigheid of drang om iets te besit<\/em> (Woordeboek van die Afrikaanse Taal).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\">\u25ca\u25ab\u25ca\u25ab\u25ca  <\/p>\n\n\n\n<p>Die ma en pa praat Engels met mekaar. Engels met hul kinders. Die gange van hul huis is Engels. Die kinders hou daarvan. Afrikaans is vir hulle soos die knope in Ouma se knopeblik.<\/p>\n\n\n\n<p>So skryf Rachelle Greeff, eens, in dier voege, in \u2019n kortverhaal.<\/p>\n\n\n\n<p>Abiekwaboom. Aartappelmietmot. Allerhandegedagtebos, appelliefie. <\/p>\n\n\n\n<p>Baardmannetjie, bergappeltjie, bekertjiesgras en belletjiesheide. Besembiesie. Bergboegoe. Bitterboela. <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHou die Afrikaanse woord tog so na as moontlik aan die internasionale woord,\u201d pleit iemand di\u00e9 week op Facebook.<\/p>\n\n\n\n<p>Blinkblaarbos en bloukalossie. Boskapok. Dakgeitjie, dikbeksysie. Buig-my-nie, deurmekaarbos.  Duwweltjiesdoring, droedaskruid. Goggojot, ghallaghielie. <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHou Afrikaans tog googlebaar.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Kommetjiegatmuishond. Horingmanslang. Katjietee, kelkiewyn. Koggelmandervoetkaroo. Kuifkoppikkewyn.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMaak dit makliker om Afrikaans te skryf.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Mantelbobbejaan. Lierhoringbees. Laplaploerie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cLaat ons sonder bronne werk, laat ons vinniger vertaal.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Pandoeka. Mieliestronkboorder. Muishondblaar. Noorsdoring, norretjiepatat. <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns sukkel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sakaboela. Malkopkewer. Peperbos. Perskalkoentjie, rooistompneus, rooiwanguil.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat word van al di\u00e9 opgaargoed?<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer Ouma nie meer daar is nie? Wanneer Oupa nie meer daar is nie? Al die houers, bokse, al di\u00e9 flentertjies lap, blikke vol knope, botteltjies, skroefies, moertjies? Rakke, ry op ry. Boeke, l\u00eaers. Koerante, tydskrifte, elk op sy plek, dag en maand deur die jare vergeel. Miljoene knipsels, kaartjies, van toeka se mense, toeka se plekke. Die letters vervaag. Flarde teks verdwyn in groot data.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoe lank voor die kinders die motgevrete dele van \u2019n woordeboek wegdoen?  Hoe lank voor die kinders, hulle kinders, digitale l\u00eaers verl\u00ea, vergeet?<\/p>\n\n\n\n<p>Sal van hulle, soms, nog deur die blaaie sif, soos kinders, kleintyd, deur knope? Hulle aan letterkombinasies, proe-proe aan klanke verwonder; dinge uit die verlede onthou, ontdek, verbeel; die blik dan weer toemaak, b\u00eare?<\/p>\n\n\n\n<p>Of sal hulle gewoon die swartsakke en wieletjiesblikke volstop? <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right\"><em>Jana Luther<\/em><br><br><em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op Vrydag 31 Januarie in die rubriek <\/em>\u201cWoordwisseling\u201d <em>in<\/em> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"100\" height=\"42\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 100px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die skatte wat ons opvergaar,word net vir mot en roes bewaar. \u2013 Eug\u00e8ne Marais Opgaar ww., het opgegaar; opgegaarde. Met verloop van tyd tot \u2019n groot hoeveelheid bymekaarmaak of versamel en vir latere gebruik berg; met verloop van tyd bymekaarmaak of versamel vanwe\u00eb \u2019n begerigheid of drang om iets te besit (Woordeboek van die Afrikaanse &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/01\/31\/uit-die-mond-uit-die-hart\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Uit die mond, uit die hart<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[3,5,6,4],"class_list":["post-273","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-afrikaans","tag-engels","tag-taalverandering","tag-woordeskat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/273","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=273"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/273\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":285,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/273\/revisions\/285"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=273"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=273"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=273"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}