{"id":287,"date":"2020-02-28T06:28:07","date_gmt":"2020-02-28T06:28:07","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=287"},"modified":"2020-02-28T06:32:32","modified_gmt":"2020-02-28T06:32:32","slug":"nuwe-woorde-januarie-februarie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/02\/28\/nuwe-woorde-januarie-februarie\/","title":{"rendered":"Nuwe woorde"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die <em>Woordeboek van Afrikaans Vandag<\/em> (WAV) word deurlopend bygewerk. Hier is \u2019n paar van Januarie en Februarie se nuwe inskrywings. <\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-image is-style-default\"><figure class=\"aligncenter size-medium\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"300\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/AfrikaansVandag-kleinblok-1-300x300.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-75\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/AfrikaansVandag-kleinblok-1-300x300.jpg 300w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/AfrikaansVandag-kleinblok-1-150x150.jpg 150w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/AfrikaansVandag-kleinblok-1-768x768.jpg 768w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/AfrikaansVandag-kleinblok-1-400x400.jpg 400w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/AfrikaansVandag-kleinblok-1-800x800.jpg 800w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/AfrikaansVandag-kleinblok-1.jpg 1000w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die koronavirus en -siekte is sedert\nDesember verskillende name gebruik, onder meer \u201c2019-nCoV\u201d en \u201cWuhansiekte\u201d, na\ndie \u201cvirusstad\u201d waar dit ontstaan het. Op 11 Februarie maak die Internasionale Komitee\nvir Virustaksonomie en die W\u00eareldgesondheidsorganisasie (WGO) vir beide die\nvirus en die siekte \u2019n amptelike naam bekend: \u201cEARS- (SARS-)CoV-2\u201d vir die\nvirus, om die verband met \u201cEARS-CoV\u201d, wat in 2003 \u2019n soortgelyke \u201cernstige\nakute respiratoriese sindroom\u201d (\u201cEARS\u201d) veroorsaak het, te beklemtoon, en \u201cCovid-19\u201d\n(\u201ccoronavirus disease 2019\u201d) vir die siekte. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die naam \u201cEARS-CoV-2\/Covid-19\u201d is dus\nsoortgelyk aan \u201cMIV\/vigs\u201d: Die eerste deel verwys na die virus; die tweede na\ndie toestand. As jy Covid-19 het, is jy siek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Beeld<\/em>, en\ndie meeste ander Afrikaanse publikasies, skryf \u201ckorona\u201d met \u2019n \u201ck\u201d. <em>Huisgenoot<\/em>\nverkies \u201ccorona\u201d. Al twee is reg. Onder \u2019n elektronmikroskoop lyk die virus soos\n\u2019n blomkrans. Dit besorg aan hom sy naam: uit Latyn \u201ccorona\u201d, via Grieks\n\u201ckorone\u201d \u2013 \u2018kroon\u2019 of \u2018(strale)krans\u2019.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Woorde van vreemde herkoms het dikwels twee\nmoontlike spellings. Party tale, soos Japannees, het \u2019n nie\u2011Romeinse alfabet \u00e9n \u2019n amptelike sisteem wat die Romeinse alfabet\ngebruik. \u201cShiitake\u201d en \u201cshimeji\u201d \u00f3f \u201csjiitake\u201d en \u201csjimeji\u201d. Vir di\u00e9 sampioene\nis al vier spellings reg. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nog kosvoorbeelde is \u201cblomkoolrys\u201d (die\nkool gemaal tot korrels); \u201cedamame\u201d (groen sojabone in die peul); \u201ckimchi\u201d\n(gefermenteerde kool); \u201ckriekmeel\u201d (van die insek); \u201ckombucha\u201d of \u201ckomboetja\u201d\n(gefermenteerde tee); \u201clattekuns\u201d of \u201cmelkkuns\u201d (die patrone op jou cappuccino);\n\u201crobynsjokolade\u201d (pienk en met \u2019n bessiegeur wat kom van die kakaobone self); \u201csumak\u201d\n(\u2019n vrug en spesery met \u2019n vars, suur smaak).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n \u201cPieng-gereg\u201d (na die tydklokkie van \u2019n mikrogolfoond) benodig opwarming en is klaar. Vir \u2019n restaurantlose kombuis, wat bestellings vanaf sy spyskaart  uitsluitlik by huise en kantore aflewer, l\u00ea die naamkeuse tussen \u201cdonker-\u201d, \u201cspook-\u201d en \u201cwolkkombuis\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Weg!<\/em> se\nskrywers wikkel met neologismes, soos laas jaar se \u201cbullebakkie\u201d. Di\u00e9 slag munt\nhulle \u201cmesmoertang\u201d vir \u2019n multitaakknipmes: \u2019n \u201cknyp- en draadtang, mes,\nsagie, tandjieslem, platpunt- \u00e9n sterpuntskroewedraaier, vyl, blik- en\nbotteloopmaker &#8230; Net nog \u2019n <em>mullet<\/em>, dan\u2019s jy MacGyver\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In \u2019n \u201cslimstad\u201d, waar \u201cinligtingstegnologie\u201d, die  \u201cinternet van dinge\u201d, selfs \u201chuisrobotte\u201d vir verskillende aspekte van beheer en bestuur gebruik word, is \u2019n \u201ckragbank\u201d, \u2019n draagbare toestel wat vanaf \u2019n ingeboude battery via \u2019n USB-poort aan USB-toestelle krag kan voorsien, \u2019n beurtkragnoodsaaklikheid. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uit wetenskapsfiksie kom \u201cgesigsuier\u201d en \u201cbors(kas)breker\u201d. In verskeie rolprente is di\u00e9 tweetjies onderskeidelik die tweede en derde ontwikkelingstadium in die lewensiklus van \u2019n parasitiese boaardse wese (\u201cAlien\u201d), ook bekend as \u2019n xenomorf, wat \u2019n gedaanteverwisseling ondergaan: Gesigsuiers, sonder o\u00eb of mond, soek op agt vingeragtige pote na \u2019n gasheerliggaam wat hulle met met \u2019n embrio kan besmet, waarna hulle sterf. Die borsbreker is \u2019n nuwe wese wat binne \u2019n dag nadat \u2019n gesigsuier sy embrio in \u2019n gasheerliggaam geplant het, die gasheer verlaat deur sy pad na buite te breek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDefensiewe argitektuur\u201d, ook \u201cverdedigende argitektuur\u201d of \u201cvyandelike argitektuur\u201d genoem, verwys na die ontwerp van openbare geboue, bushaltes, en dies meer, om bepaalde gebruike (misbruike), byvoorbeeld deur haweloses, skaatsers, graffitikunstenaars, dwelmverslaafdes of diere, te voorkom, soos deur die oprig van traliewerk, of deur dit onmoontlik te maak om op sekere plekke te sit of te slaap. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n \u201cDeugpronker\u201d, ook \u201cdeugsinjaleerder\u201d,\nloop met haar\/sy deugde te koop. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n \u201cDiepdekkingsagent\u201d werk in die geheim\nterwyl hy\/sy voorgee om iemand anders te wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mense wat aan \u201cdiogenessindroom\u201d, of die \u201csindroom van Diogenes\u201d ly, verwaarloos hulleself. Hulle verontagsaam higi\u00ebne, toon obsessief-kompulsiewe gedrag, versameldrange, agterdog.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Geselstaalwoorde is \u201cbloulampie\u201d (vir \u2019n\noog wat blou geslaan of gestamp is), \u201csementbek\u201d (vir iemand wat niks s\u00ea nie), \u201cMarie-Johanna\nvan der Schijff\u201d (van \u201cmarijuana\u201d vir dagga, \u201cskyf\u201d vir sigaret) en \u201cSpringbroekie\u201d\n(vir swem en handskud in die kleure van die SA vlag).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n \u201cSneeuvlokkie\u201d, veral \u2019n millenni\u00ebr, is\n(na die mening van die spreker of skrywer) oorsensitief.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jy \u201cdjas\u201d is, is jy laf, verspot: \u201cIs jy dan nou djas?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uit Moesliemafrikaans kom \u201ctoelies\u201d, vir\nArabiese skrif en letters, en ook as werkwoord vir \u2018skryf\u2019: Die eerste\nkoplesboek in Afrikaans was \u2019n kitaab getoelies in Arabies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cGielaaf\u201d is moeilikheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Neiging wat my sedert Januarie opval, is die (nou ingeburgerde?) gebruik van \u201ctrend\u201d, vir \u201cgier\u201d, \u201cmode\u201d of \u201ctendens\u201d: <em>Huisgenoot<\/em> kies top-trends vir jou tuin. \u201cOntrommel\u201d is \u2019n trend, berig <em>Tuis<\/em>. \u2019n Gelaat wat lig soos glas reflekteer, is \u2019n trend, s\u00ea <em>Sarie<\/em>. Nes Afrikaans wat Engels weerkaats. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right wp-block-paragraph\"><em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 28 Februarie 2020 in die rubriek \u201cWoordwisseling\u201d in <\/em><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"100\" height=\"42\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 100px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) word deurlopend bygewerk. Hier is \u2019n paar van Januarie en Februarie se nuwe inskrywings. Vir die koronavirus en -siekte is sedert Desember verskillende name gebruik, onder meer \u201c2019-nCoV\u201d en \u201cWuhansiekte\u201d, na die \u201cvirusstad\u201d waar dit ontstaan het. Op 11 Februarie maak die Internasionale Komitee vir Virustaksonomie en die W\u00eareldgesondheidsorganisasie &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/02\/28\/nuwe-woorde-januarie-februarie\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Nuwe woorde<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-287","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/287","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=287"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/287\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":291,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/287\/revisions\/291"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=287"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=287"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=287"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}