{"id":297,"date":"2020-03-13T06:38:36","date_gmt":"2020-03-13T06:38:36","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=297"},"modified":"2020-03-28T17:18:10","modified_gmt":"2020-03-28T17:18:10","slug":"koronaparanoia-baar-kommintaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/03\/13\/koronaparanoia-baar-kommintaar\/","title":{"rendered":"Koronaparanoia baar k\u00f4mmintaar"},"content":{"rendered":"\n<figure class=\"wp-block-embed\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">Gaan na <a href=\"https:\/\/sacoronavirus.co.za\/\"><b>sacoronavirus.co.za<\/b><\/a>\n vir inligting oor die koronavirus in Suid-Afrika.<\/div><\/figure>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-image is-style-default\"><figure class=\"aligncenter size-medium\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"298\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/korona2-1-300x298.jpg\" alt=\"koronaparanoia\" class=\"wp-image-308\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/korona2-1-300x298.jpg 300w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/korona2-1-1024x1018.jpg 1024w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/korona2-1-150x150.jpg 150w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/korona2-1-768x764.jpg 768w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/03\/korona2-1.jpg 1280w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><figcaption> Bly op \u2019n afstand en bewaar die deur van jou lippe. <\/figcaption><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<strong>Oordryf<\/strong>, ww., <strong>het oordryf<\/strong>; <strong>oordrewe<\/strong>: \u2019n Abnormaal vergrote weergawe van iets gee of iets sodanig voorstel dat dit verdraai voorkom of erger klink as wat dit werklik is: <em>\u2019n Oordrewe bewering, gerug, stelling, voorspelling.<\/em> \u00bb <em>Alles wat daar ges\u00ea word, kon jy natuurlik nie as waarheid aanneem nie, want die meeste mense oordryf hul saak<\/em>\u201d (<a href=\"http:\/\/woordeboek.co.za\/\">Woordeboek van die Afrikaanse Taal<\/a>).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanneer nuus en gerugte, fopnuus en\npampoenspoke die kuberruim vul: Wat is kopspeld, wat is koevoet?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die w\u00eareld is op hete kole. Inligting en\nwaninligting, waarheid en verdigsel is hout op die vuur. Ons staar stip na die\nvlamme. Vuurwarm nuus hou ons vasgenael. Ook di\u00e9 met hipokonders. Die\nswaarmoediges. Hulle wat uit gewoonte die pap dik aanmaak, die brood dik\nopsmeer, op die swarigheid teer. Die goed- en kleingelowiges. Die soetkoeketers\nwat hulle bittermakrolle vir koekies, knolle vir sitroene, perdedrolle vir vye\nlaat verkoop, wat eet wat ook al aan hulle opgedis word, van eersteklas spyse\ntot koue pampoen. Die alarmblasers, nuusdraers, selfaangestelde wagters op die\nmure. Die aandikkers, bylassers &#8230; <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elkeen giet sy\/haar bietjie olie op die\nvuur en blaas die vlamme aan. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dat di\u00e9 yster gesmee gaan word vir solank\ndit warm is, daarvan kan ons seker wees \u2013 ook dat dit nog lank gaan wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-normal-font-size wp-block-paragraph\">Watter kwaad kan dit tog doen? Feite op te pof, die hoorder, leser se verbeelding beter te pak? Of so \u2019n bietjie te chargeer, oordryf, die banges vir die gek te hou, kluijies te bak om hul vrese belaglik te maak? <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit kook. Dit borrel, prut. Sake staan sus,\nvandag so.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">G\u2019n wonder \u2019n nuusverslaggewer laat hoor\nnie: \u201cTussen slim mense wat fake news share en Afrikaanse nuuskommentators is\nek gereed om weggeraap te word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir argeloos met feite omgaan, is nou die\nverkeerdste tyd. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">So. Sak, Sarel. Stadig oor die kole. Hou\nkop. Moenie dat foppers, wolfskre\u00ebrs en kwaksalwers jou bedot, jou dwaalmaak,\njou om die bos lei, vir jou ore aansit, jou aan die neus rondlei, vir jou \u2019n\nbril opsit nie. Moenie dat vals nuus ons in die boontjies kry, ons in die\nbottel steek, ons in die emmer sit, ons \u2019n rad voor die o\u00eb draai nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die land van die blindes is Eenoog\nkoning.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al die oningeligte, ondeurdagte\n\u201ck\u00f4mmintaar\u201d van weetalle wat nie lees nie, papegaaibekke wat praat-praat-praat,\nmaar nie hot van haar ken nie, heeltyd aan die kwas bly trek, die klok hoor\nlui, maar self nie duidelikheid het oor waar die klepel hang nie &#8230;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hou verby. Was liewer jou hande, bly op\n\u2019n veilige afstand en bewaar die deur van jou lippe, soos die Bybel s\u00ea. Moenie\nvan kopspelde koevoete maak nie. Al baar die molshoop ook \u2019n berg. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Covid-19 is \u2019n werklikheid, maar koronaparanoia is \u2019n siekte wat ons liewer wil vermy. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right wp-block-paragraph\"><em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 13 Maart 2020 in die rubriek <\/em>Woordwisseling<em> in <\/em><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"100\" height=\"42\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 100px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cOordryf, ww., het oordryf; oordrewe: \u2019n Abnormaal vergrote weergawe van iets gee of iets sodanig voorstel dat dit verdraai voorkom of erger klink as wat dit werklik is: \u2019n Oordrewe bewering, gerug, stelling, voorspelling. \u00bb Alles wat daar ges\u00ea word, kon jy natuurlik nie as waarheid aanneem nie, want die meeste mense oordryf hul saak\u201d &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/03\/13\/koronaparanoia-baar-kommintaar\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Koronaparanoia baar k\u00f4mmintaar<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[3,8,7,10,9],"class_list":["post-297","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-afrikaans","tag-gesegdes","tag-idiome","tag-koronavirus","tag-spreekwoorde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/297","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=297"}],"version-history":[{"count":12,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/297\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":321,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/297\/revisions\/321"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=297"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=297"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=297"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}