{"id":323,"date":"2020-04-24T06:33:18","date_gmt":"2020-04-24T06:33:18","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=323"},"modified":"2020-04-24T06:50:24","modified_gmt":"2020-04-24T06:50:24","slug":"ommesientjietyd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/04\/24\/ommesientjietyd\/","title":{"rendered":"Ommesientjietyd"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maaltyd, werktyd, slaaptyd. Skermtyd, leestyd; dinktyd, speeltyd. Kleintyd, jeugtyd, beseringstyd, leeftyd. <\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text alignwide\"><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"911\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/kat-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-327\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/kat-1.jpg 911w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/kat-1-267x300.jpg 267w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/04\/kat-1-768x863.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 911px) 100vw, 911px\" \/><\/figure><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie dag stap luiters verby soos \u2019n kat, stert omhoog,\u201d dig Wilma Stockenstr\u00f6m. \u201cLaat my jou streel. Spring nou op my skoot. Ek wil jou iets vertel &#8230; Vorentoe, agtertoe loop die tyd katvoet aan my verby, en spin.\u201d  <\/p>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">So-ewe, sopas, meer as 3 000 jaar gelede, het die Egiptenare die eerste horlosie gebou. \u2019n Son(ne)wyser. Een so \u2019n wyser het die vorm van die letter \u201cT\u201d gehad. Dit het die helfte van die dag, wanneer die son skyn, die tyd tussen een nag en die volgende, in twaalf ewe groot dele verdeel. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die nag was daar die sterre, wat nes\ndie son bedags, weens die roterende aarde, deur die lug \u201cbeweeg\u201d. Deur twaalf\nsterre te kies en hulle te volg, kon die Egiptenare snags, deur di\u00e9 sterre in\ndie naghemel dop te hou, sien hoe laat dit was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Twaalf uur lig. Twaalf uur duisternis. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Twaalf. Nie, s\u00ea nou maar, vyf of tien,\n\u2019n tiendelige of desimale stelsel, waarby \u2019n mens op jou vingers en tone sou\nkon tel nie. In elke periode van 24 uur, een etmaal, waarin die aarde een maal\nom sy as draai, is daar 1 440 minute; in elke minuut 60 sekondes. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 verdeling van tyd het die antieke\nEgiptenare van die nog antieker Babiloni\u00ebrs oorgeneem. In hulle koninkryk in\ndie ou Mesopotami\u00eb het die Babiloni\u00ebrs so vroeg as die 18de, 19de eeu voor die\nhuidige jaartelling vir wiskunde en sterrekunde reeds \u2019n seksagesimale stelsel\ngebruik \u2013 \u2019n stelsel gebaseer op die getal 60, wat hulle op hulle beurt afgekyk\nhet by die ou Sumeri\u00ebrs.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Seksagesimale tydsverdeling met\ntwaalf (twaalftallige, duodesimale) onderafdelings vir dag en nag, 60 vir ure\nen minute, is nuttig. Terwyl tien net deur homself, vyf en twee gedeel kan\nword, is twaalf deelbaar deur homself, twee, drie, vier en ses. As vyf maal\ntwaalf kan 60 deur altesame twaalf getalle \u2013 meer as enige getal kleiner as hy\n\u2013 gedeel word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit is die Prediker wat ons wou leer daar is \u2019n tyd vir alles &#8230; Vandag weet ons daar is tyd vir niks, alles string aaneen: met geboorte begin ons al sterf en sterwend gee ons geboorte &#8230; wat ons verloor, is wat ons begeer en wat ons vind, is wat vergete is en wat vergeet word, is wat ons liefhet &#8230; s\u00f3 is die lewe weinig meer as \u2019n verbleikblom,\u201d dig Louis Esterhuizen. \u201cKyk, U het my dae &#8216;n paar handbreedtes gemaak,\u201d die Psalmdigter. Iemand \u2013 wie? \u2013 \u201cDie lewe is \u2019n kortverblyfsaal\u201d. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kan ons, in die trant van Stockenstr\u00f6m\nse minister, dalk di\u00e9 tyd gebruik vir maatre\u00ebls tref om toekomstige tyd\nomsigtiger te hanteer? Daarteen waak dat ure in \u2019n japtrap, oogwink, flirts, ki(r)ts,\nselfs grendeltyd as ommesientjietyd verbyflits; dae dalk eerder vul met rukkies\nen tydjies, oomblikke, momente, genoeg asemteue, en pouses vir onthou?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Want terwyl Breyten se bome groen bly, en\ndie sterre wit, is elke aandagtig gevulde oomblik al wat ons het. Ook in di\u00e9 tydskarnier,\nin di\u00e9 (tyd)gewrig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right wp-block-paragraph\"><em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 24 April 2020<\/em><br><em> in die rubriek <\/em>Woordwisseling<em> in<\/em> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"130\" height=\"55\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 130px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maaltyd, werktyd, slaaptyd. Skermtyd, leestyd; dinktyd, speeltyd. Kleintyd, jeugtyd, beseringstyd, leeftyd. \u201cDie dag stap luiters verby soos \u2019n kat, stert omhoog,\u201d dig Wilma Stockenstr\u00f6m. \u201cLaat my jou streel. Spring nou op my skoot. Ek wil jou iets vertel &#8230; Vorentoe, agtertoe loop die tyd katvoet aan my verby, en spin.\u201d So-ewe, sopas, meer as 3 &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/04\/24\/ommesientjietyd\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Ommesientjietyd<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[11],"class_list":["post-323","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-tyd"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/323","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=323"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/323\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":329,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/323\/revisions\/329"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=323"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=323"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=323"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}