{"id":398,"date":"2020-06-19T11:03:56","date_gmt":"2020-06-19T11:03:56","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=398"},"modified":"2020-06-19T11:09:20","modified_gmt":"2020-06-19T11:09:20","slug":"luister-se-die-koei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/06\/19\/luister-se-die-koei\/","title":{"rendered":"Luister, s\u00ea die koei"},"content":{"rendered":"\n<div class=\"wp-block-image is-style-default\"><figure class=\"aligncenter size-medium\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"234\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/06\/bees-1-300x234.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-400\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/06\/bees-1-300x234.jpg 300w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/06\/bees-1.jpg 435w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p>Wat maak die taal van mense \u2013 menslike taal \u2013 anders as die kommunikasiesisteme van ander wesens? <\/p>\n\n\n\n<p>In \u2019n belangrike boek wat verlede jaar verskyn het, wat omtrent elke aspek van taal behandel, <em><a href=\"http:\/\/cognet.mit.edu\/book\/human-language\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\" aria-label=\"Human Languages: From genes and brains to behavior (maak in 'n nuwe oortjie oop)\">Human Languages: From genes and brains to behavior<\/a><\/em>, onder redaksie van Peter Hagoort, wys die bioloog T.W. Fitch op drie verskille tussen die taalvermo\u00eb van die mens en die kommunikasievermo\u00eb van groot ape, soos sjimpansees en orangoetangs.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed-youtube wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Mensentaal is geen apentaal\" width=\"660\" height=\"371\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/Y5qSx48U2_M?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>In vergelyking met ape het mense groter en fyner beheer oor hulle\nspraakorgane. Terwyl ons moeiteloos\ntienduisende woorde kan vorm, produseer ape slegs \u2019n beperkte aantal geluide. Anders\nas ape, bou die mens met taal hi\u00ebrargiese strukture. Ons groepeer klanke saam tot\nwoorde, woorde tot frases, frases tot sinne. Ons kommunikeer in fyn\nbesonderhede: dra boodskappe oor; druk wense uit; s\u00ea wat ons dink, ervaar; formuleer,\nsit ingewikkelde gedagtes, idees uiteen. Met ons monde, met gebare. Ons skryf. <\/p>\n\n\n\n<p>Wat\ntaalvermo\u00eb betref, is \u2019n aap dus nie die mens se gelyke nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Maar, s\u00ea Leonie Cornips, \u2019n taalkundeprofessor en navorser in taalvariasie: Ons kyk te eng na taal. Cornips doen antropologiese navorsing oor die kommunikasie tussen diere en mense, spesifiek die \u201ctaal\u201d van beeste. Aan die Nederlandse <a href=\"https:\/\/www.nrc.nl\/nieuws\/2020\/06\/12\/in-de-wei-loeit-een-onbekende-cultuur-met-een-eigen-taal-a4002614\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\" aria-label=\"NRC Handelsblad  (maak in 'n nuwe oortjie oop)\"><em>NRC Handelsblad<\/em> <\/a>s\u00ea sy: By diere word byna altyd na \u201ckommunikasie\u201d verwys, nie na \u201ctaal\u201d nie. Dis tyd, s\u00ea sy, \u201cdat ons di\u00e9 digotomie opsy sit en verstaan \u200b\u200bdat diere hulle eie tale het. Selfs al is daar geen grammatika wat ons herken nie\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>Op boer Jan se plaas stap die koeie na\ndie weiveld. Hulle gewaar die vreemdelinge van die universiteit, steek vas,\nskud hulle koppe. Hulle stap eers verder wanneer die besoekers eenkant toe staan.&nbsp; \u2019n Koei steek vas, snuffel aan hulle, lek aan\n\u2019n broekspyp. S\u00ea Cornips: Ruik is \u2019n belangrike deel van koeie se taal. Die dier\nvra: Wie is julle?<\/p>\n\n\n\n<p>Beeste is vir haar \u2019n onbekende kultuur,\nwat sy wil leer ken. Al om die ses weke besoek sy die koeie in hulle stalle. Sy\nborsel hulle, hou dop hoe hulle op haar, die boer, op mekaar reageer, hoe hulle\nhulle ore roer. Sy luister hoe hulle bulk. Op \u2019n keer het \u2019n koei die boer se\nhulp nodig. Sy het \u201cal hoe intenser, langer, ho\u00ebr\u201d geloei. Nes \u2019n mens wat om\nhulp roep: \u201cHelp. Help! H\u00e9lp!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>As iemand die stal binnekom, maak die\nkoeie \u2019n lae, byna zoemende gelui. \u2019n Soort groet. Buite, tussen ander beeste\nen mense, doen hulle dit nie. Cornips vergelyk dit met mense in \u2019n stad: \u201cAs jy\ndaaraan gewoond is om baie mense te sien, groet jy minder.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Bloot \u2019n kwessie van interpretasie? <\/p>\n\n\n\n<p>Natuurlik, s\u00ea Cornips. Maar \u2019n oop\ngemoed is belangrik. \u201cWetenskaplikes s\u00ea: Diere verwerf nie taal nie, want\nsjimpansees leer nie menslike taal aan nie.\u201d S\u00ea Cornips: \u201cNa my wete het geen\nmens ook nog ooit die taal van sjimpansees geleer nie. Ons eie verstaan van\ntaal is dus net so beperk.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Deur die onderskeid wat ons tussen\nmense en diere tref, deur die woorde wat ons gebruik wanneer ons van hulle\npraat, byvoorbeeld wanneer ons s\u00ea skape is dom, of dat \u2019n vrou swanger is, maar\n\u2019n koei dragtig, hou ons \u2019n bepaalde w\u00eareldbeskouing in stand en skep ons afstand,\ns\u00ea Cornips. <\/p>\n\n\n\n<p>Deur diere te verdinglik, word dit maklik om hulle te mishandel, te misbruik, te slag, te eet.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right\"><em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 19 Junie 2020 in die rubriek <\/em>Woordwisseling<em> in <\/em><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"130\" height=\"55\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 130px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wat maak die taal van mense \u2013 menslike taal \u2013 anders as die kommunikasiesisteme van ander wesens? In \u2019n belangrike boek wat verlede jaar verskyn het, wat omtrent elke aspek van taal behandel, Human Languages: From genes and brains to behavior, onder redaksie van Peter Hagoort, wys die bioloog T.W. Fitch op drie verskille tussen &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/06\/19\/luister-se-die-koei\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Luister, s\u00ea die koei<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[22,25,24,23,21,26],"class_list":["post-398","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-dieretaal","tag-kommunikasiesisteme","tag-mensetaal","tag-menslike-taal","tag-taal","tag-taalvermoe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/398","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=398"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/398\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":406,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/398\/revisions\/406"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=398"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=398"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=398"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}