{"id":413,"date":"2020-07-17T06:00:36","date_gmt":"2020-07-17T06:00:36","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=413"},"modified":"2020-07-17T06:02:56","modified_gmt":"2020-07-17T06:02:56","slug":"n-oefening-in-geduld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/07\/17\/n-oefening-in-geduld\/","title":{"rendered":"\u2019n Oefening in geduld"},"content":{"rendered":"\n<div class=\"wp-block-image is-style-default\"><figure class=\"aligncenter size-medium\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"225\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/geduld-300x225.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-414\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/geduld-300x225.jpg 300w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/07\/geduld.jpg 453w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cWat is jou woord van die week?\u201d vra \u2019n kollega. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uit die <em>Woordeboek van die Afrikaanse\nTaal<\/em> kies ek twee: <em>jammerlap <\/em>en <em>enerveer<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As verkleinwoord ken party van ons dalk\nnog \u2019n jammerlappie: Die klam vadoekie wat \u2019n mens soms aan tafel gebruik om jou\nhande af te vee. Byvoorbeeld, s\u00ea die WAT, \u201cby die eet van vrugte, of die\nafkluif van \u2019n beentjie\u201d. Ander name vir so \u2019n jammerlappie is glo <em>desnoodsie<\/em>,\nof <em>klamtante<\/em>, wat ook na \u2019n waslap kan verwys: \u201cAnna, gaan was jou; gebruik\njou jammerlappie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">By Mosselbaai en in die Vrystaat is \u2019n\njammerlap \u2019n sukkelaar, meestal iemand wat vuil en onnet is \u2013 \u2019n lunsriem. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar <em>jammerlap<\/em> het nog twee\nbetekenisse: <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As selfstandige naamwoord beteken <em>jammer<\/em>,\nsonder meervoud, \u201crampspoed\u201d, \u201cleed\u201d, \u2019n toestand van groot ellende. As jy vir\niemand jammer is, het jy met hom of haar medelye, meegevoel. As iets jammer is,\nis dit te betreur. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oorspronklik was \u2019n jammerlap daardie\ndun band van lanfer, \u2019n deursigtige, kreukelrige swart gaasstof, wat iemand om\nsy hoed of arm, of \u2019n vrou aan haar rok gedra het as teken van rou. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanneer ek soggens die nuutste\nstatistieke lees, krul my hart soos lanfer inmekaar. Dan wil ek \u2019n jammermantel\nom my skouers hang, \u2019n jammerkombers oor my kop trek. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is nie alleen nie. Die laaste ding\nwat \u2019n mens nodig het, as jy s\u00f3 voel, is n\u00f3g jammerlappe. Maar \u2019n jammerlap is\nlaastens, ook nog: \u201ciemand wat altyd iets het om oor te kla\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die sosiale media is hulle maklik uit\nte ken, di\u00e9 jammerlappe. Onderaan berigte is hulle die spreekwoordelike\nstuurlui aan wal wat sonder enige positiewe, konstruktiewe, innoverende eie\nwoord of bydrae die bromwerk doen, die taak van kla en berispe op hulle neem en\noor enigiets, alles, van anglisismes tot doeninge en latinge van ministers,\nhuilkore begin. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die WAT staan, uit Nederlands, nog die woord <em>drein<\/em>, wat ons nie meer ken nie: \u201com huilerig op iets aan te dring; om lastig te wees deur huilerig te kla\u201d. Sinonieme vir di\u00e9 <em>drein<\/em> is <em>mor<\/em>, <em>neul<\/em>, <em>seur<\/em>, <em>sanik<\/em>; \u201com te kerm soos \u2019n hond (kat) oor \u2019n derm\u201d, \u201com \u2019n vloermoer te gooi\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;So\nafmattend soos die nimmereindigende gekap, gesaag en getimmer van die buurman\nin sy grendelwoonstel bokant myne, so enerverend is die gepruttel van \u2019n\njammerlap oor \u2019n glas wyn. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Enerveer<\/em>, s\u00ea\ndie WAT, is \u201cafmattend op die senuwees werk; iemand sy\/haar veerkrag ontneem;\nontsenu, uitput\u201d. Ja, ons leef in \u2019n enerverende tyd. En kla is, net soos spog,\n\u2019n streling vir die ego, het ene Jannie Kruger ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In \u2019n w\u00eareld waar miljoene rede het tot\nlanfer dra, is jammerlappe helaas ook -balies en -balke (grensbalies,\ntjankbalies, huilebalke) by wie die WAT se tweede betekenis van <em>geduld<\/em> ontbreek:\n\u201cDie vermo\u00eb om te wag sonder om te kla en om sonder rusteloosheid, oplopendheid\nof prikkelbaarheid uitstel of vertraging van \u2019n begeerte te verdra.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir di\u00e9 jammerlappe, en di\u00e9 wat deur die genade nog uitgespaar is, word 2020 \u2013 die eerste jaar van \u201cdie ernstigste humanit\u00eare en ekonomiese krisis van ons leeftyd\u201d \u2013 ook \u2019n oefening in geduld. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right wp-block-paragraph\"><em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 17 Julie 2020 in die rubriek <\/em>Woordwisseling <em>in<\/em> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"120\" height=\"50\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 120px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cWat is jou woord van die week?\u201d vra \u2019n kollega. Uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal kies ek twee: jammerlap en enerveer. As verkleinwoord ken party van ons dalk nog \u2019n jammerlappie: Die klam vadoekie wat \u2019n mens soms aan tafel gebruik om jou hande af te vee. Byvoorbeeld, s\u00ea die WAT, \u201cby die &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/07\/17\/n-oefening-in-geduld\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">\u2019n Oefening in geduld<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[3,30,32,31,28,29,20],"class_list":["post-413","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-afrikaans","tag-betekenis","tag-enerveer","tag-jammer","tag-wat","tag-woord","tag-woordeboek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/413","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=413"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/413\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":416,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/413\/revisions\/416"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=413"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=413"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=413"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}