{"id":434,"date":"2020-08-14T06:17:02","date_gmt":"2020-08-14T06:17:02","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=434"},"modified":"2020-08-14T06:53:08","modified_gmt":"2020-08-14T06:53:08","slug":"walgwoorde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/08\/14\/walgwoorde\/","title":{"rendered":"Walgwoorde"},"content":{"rendered":"\n<div class=\"wp-block-image is-style-default\"><figure class=\"aligncenter size-medium\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"278\" height=\"300\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/08\/walgwoorde-278x300.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-435\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/08\/walgwoorde-278x300.jpg 278w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/08\/walgwoorde.jpg 327w\" sizes=\"auto, (max-width: 278px) 100vw, 278px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p>Kla \u2019n Afrikaanse teksredakteur di\u00e9 week (hy is nie die eerste nie):\n\u201cBakkiesblad, potgooi en toep: die drie-eenheid van onsinnige, cutesy\nAfrikaanse nuutskeppings.\u201d En voor jy kan s\u00ea \u201cvonkpos\u201d en \u201caapstert\u201d, is daar\n\u2019n rei wat di\u00e9 weersin beaam: <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cWerklik vieslik.\u201d \u201cJammer Facebook het nie\nopgooi-emoji\u2019s nie.\u201d \u201cDaai woordjies is sooo pretentious!\u201d \u201cRegte mense praat\nnie so nie.\u201d \u201cEk dink uit die hele spul pla \u2018potgooi\u2019 my die meeste. Dit is\ndarem verskriklik gedwonge en het g\u00e9\u00e9n etimologiese meriete nie.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Vir dophouers van taalverandering is di\u00e9 soort gesprek interessant. Waarom ontlok spesifieke klankgrepe, wanneer hulle tot woorde saamgevoeg word, by sommige taalgebruikers soveel afkeer? <\/p>\n\n\n\n<p>Die <em>Woordeboek van die Afrikaanse Taal<\/em> kry selfs die skuld: \u201cDie WAT het hierdie kak aangewakker met hulle nuutskeppingskompetisie wat honderde van hierdie walgwoorde voortgebring het. Soos julle seker weet was die wenner \u201ctalmwalm\u201d &#8230; Waddefok is dit met die boere en cute en rym?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Nou ja, ek self is dalk geneig om met die laaste stelling te wil-wil saamstem, soms. Nie oor die WAT nie, maar oor Afrikaanspraters se vurige voorliefde vir rymende sillabes. Hopelik maak die skeppers van die meeste rymneologismes maar \u2019n grappie, troos ek my. Hopelik ook di\u00e9 wat \u201cbakkiesboek\u201d gebruik. Wanneer dit by woordskepping kom, kort ons vir balans definitief \u2019n bietjie meer erns. Maar waarom word \u201cpotgooi\u201d en \u201ctoep\u201d (naas \u201cpodsending\u201d en \u201capp\u201d) as walgwoorde beskou?<\/p>\n\n\n\n<p>In Afrikaans word baie woorde verkort: \u201cJohannes\u201d\nword \u201cJan\u201d; \u201clisergiensuurdi\u00ebtielamied\u201d \u201cLSD\u201d; \u201cchemoterapie\u201d \u201cchemo\u201d; \u201cselfoon\u201d\n\u201csel\u201d; \u201ceksman\u201d, \u201ceksvrou\u201d \u201ceks\u201d. Ons het woorde soos \u201cgroep\u201d, \u201croep\u201d, \u201cstoep\u201d,\n\u201ctroep\u201d. Maar onder die loep is dadelik \u201ctoepassing\u201d \u201ctoep\u201d. <\/p>\n\n\n\n<p>Afrikaans, nes Nederlands, Engels, baie ander\ntale, het heelparty woorde te danke (?), te wyte (?), aan volksetimologie: Die\nKaribiese \u201camaca\u201d, vir \u2019n hangende bed, word in Spaans \u201chamaca\u201d, in Frans \u201chamac\u201d,\nin Nederlands en Afrikaans uiteindelik \u201changmat\u201d. Die Ou Noorse \u201cskyrbj\u00fagr\u201d,\nvan \u201cskyr\u201d (suurmelk) en \u201cbj\u00fagr\u201d (geswel), vir die siekte wat in die 13de eeu\naan seevaarders se langdurige gebruik van suurmelk gewyt is, heet vandag \u201cskeurbuik\u201d.\nMaar skoei op di\u00e9 lees uit Engels se \u201cpodcast\u201d nou \u201cpotgooi\u201d: Dan is \u201cpotgooi\u201d\ndadelik \u2019n \u201cnool woord\u201d, glad nie cool nie, want vir volksetimologie het ons te\nslim geraak.<\/p>\n\n\n\n<p>S\u00ea iemand wat al 20 jaar weg is: \u201cDaar is \u2019n\ngroot gaping in my Afrikaanse woordeskat &#8230; Afrikaans ontwikkel steeds. Ek dink\ndit sal afhang van jonger taalgebruikers hoe ons taal 20 jaar verder gaan klink\n&#8230; baie soos \u2019n gebraakte vorm van Engels, of soos die unieke taal wat dit is\n&#8230; Dalk is my eintlike argument dat mense moet dink as hulle praat.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In sy uitstekende blog, \u201cSentence first\u201d, oor Engels, skryf die Ier Stan Carey lank terug: \u201c \u2018<a href=\"https:\/\/stancarey.wordpress.com\/2010\/07\/12\/not-a-word-is-not-an-argument\/\">Not a word\u2019 is not an argument<\/a>\u201d. Vry vertalend, dink ek, skaar ek my by hom: Wanneer mense woorde afskiet deur te s\u00ea \u201cdis nie \u2019n woord nie\u201d, s\u00ea hy, kan jy redelikerwys aanneem hulle bedoel dis \u2019n woord waarvan hulle nie hou nie, wat hulle nie sal gebruik nie, wat volgens hulle in die neutrale standaardtaal nie deug nie, wat \u2019n bepaalde woordeboek nie erken nie, wat hulle as onvanpas vir die konteks beskou. Maar daar is \u2019n belangrike verskil. Neologismes, jargon, funksiewisseling word gereeld veroordeel. Nuwe woorde lyk dikwels lelik, sinneloos, belaglik, maar van hulle word mettertyd wel gebruik. Ek s\u00ea nie aanvaar elke nuutskepping nie, maar deur nuutskeppings te verdra in plaas van hulle veroordelend te beoordeel, kan ons ons herori\u00ebnteer ten opsigte van nuwe taalmoontlikhede &#8230; \u2019n Dempende gekibbel oor woordstatus negeer dat taal, hoogs produktief, hoogs speels, ons nooi tot kreatiwiteit. <\/p>\n\n\n\n<p>Wordnik se Erin McKean s\u00ea dit kort: \u201c<a href=\"http:\/\/archive.boston.com\/bostonglobe\/ideas\/articles\/2008\/08\/03\/chillax\/\">If it seems wordish, use it<\/a>.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right\"><em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 14 Augustus 2020 in die rubriek <\/em>Woordwisseling<em> in <\/em><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"120\" height=\"50\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 120px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><em> <\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kla \u2019n Afrikaanse teksredakteur di\u00e9 week (hy is nie die eerste nie): \u201cBakkiesblad, potgooi en toep: die drie-eenheid van onsinnige, cutesy Afrikaanse nuutskeppings.\u201d En voor jy kan s\u00ea \u201cvonkpos\u201d en \u201caapstert\u201d, is daar \u2019n rei wat di\u00e9 weersin beaam: \u201cWerklik vieslik.\u201d \u201cJammer Facebook het nie opgooi-emoji\u2019s nie.\u201d \u201cDaai woordjies is sooo pretentious!\u201d \u201cRegte mense praat &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/08\/14\/walgwoorde\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Walgwoorde<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[3,13,12,6],"class_list":["post-434","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-afrikaans","tag-neologismes","tag-nuutskeppings","tag-taalverandering"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/434","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=434"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/434\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":440,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/434\/revisions\/440"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=434"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=434"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=434"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}