{"id":482,"date":"2020-10-09T07:02:40","date_gmt":"2020-10-09T07:02:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=482"},"modified":"2020-10-09T07:02:42","modified_gmt":"2020-10-09T07:02:42","slug":"uit-arabiese-grond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/10\/09\/uit-arabiese-grond\/","title":{"rendered":"Uit Arabiese grond"},"content":{"rendered":"\n<p>Ek luister di\u00e9 week na die Algerynse sanger-liedjieskrywer Souad Massi. Verstaan g\u2019n snars nie, maar haar stem en kitaar klink goed, en terwyl ek luister, maak ek \u2019n lys van Afrikaanse woorde uit Arabies. Wat is die geskiedenis van woorde tog interessant.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed-youtube wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Souad Massi - Yemma (live)\" width=\"660\" height=\"371\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/Lx__hSYqb8c?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p>Arabies is \u2019n Semitiese taal; die belangrikste van verskeie\ntale van die Afro-Asiatiese taalfamilie wat in Noord-Afrika en Suidwes-Asi\u00eb,\nhoofsaaklik in die Nabye Ooste, dus, gepraat word. Dit is ook die taal waarvan\ndie letters gebruik is om die eerste boek in Afrikaans te toelies. Nog\nSemitiese tale is Hebreeus, Aramees, Ethiopies.<\/p>\n\n\n\n<p>Die bepaalde lidwoord, <em>die<\/em>, is in Arabies <em>al-<\/em>.\nOntleners van woorde uit Arabies het dit egter nie altyd gesnap nie, en dan die\nlidwoord en bepaalde selfstandige naamwoord as \u2019n enkele woord oorgeneem. As \u2019n\nmens Afrikaanse woorde met Arabiese wortels soek, is <em>al-<\/em> dus \u2019n goeie begin:\n<\/p>\n\n\n\n<p><em>Albatros<\/em>, <em>alchemie<\/em>, <em>algebra<\/em>,\n<em>alkohol<\/em>, <em>alfalfa<\/em>, <em>alkali<\/em>, <em>alkalies<\/em> &#8230; Ook <em>admiraal<\/em>,\n<em>appelkoos<\/em> en <em>arsenaal<\/em>. <em>Gaas<\/em>, <em>jasmyn<\/em>. <em>Kafee<\/em>, <em>kanfer<\/em>,\n<em>karaat<\/em>, <em>koffie<\/em>, <em>katoen<\/em>. <em>Lak<\/em>, <em>luit<\/em>. <em>Magasyn<\/em>\nen <em>matras<\/em>. <em>Oranje<\/em>, <em>tjek<\/em>. <em>Safari<\/em>, <em>safraan<\/em>, <em>sofa<\/em>,\n<em>spinasie<\/em>,<em> suiker<\/em>, <em>syfer<\/em>. <em>Tarief<\/em>, <em>tuna<\/em>, <em>tifoon<\/em>\nen meer. <\/p>\n\n\n\n<p>Baie van di\u00e9 woorde het \u2019n interessante geskiedenis.<\/p>\n\n\n\n<p>Die oorspronklike betekenis van alfalfa, Arabies <em>al-fisfisa<\/em>, is \u201cdie vars voer\u201d. <em>Alkali<\/em>, Arabies <em>al-qaliy, <\/em>beteken letterlik \u201cdie as\u201d, of \u201cdie verbrande as\u201d, van die Arabiese woord <em>qala,<\/em> \u201com in \u2019n pan te braai\u201d. Afrikaans se <em>suiker<\/em>, in Arabies <em>sukkar<\/em>, kom via Persies, <em>shakar<\/em>, van die Sanskrit woord <em>sharkara<\/em>, wat \u201cgemaalde suiker\u201d of \u201csuikerkristalle\u201d beteken het, maar oorspronklik \u201cgruis\u201d of \u201cklipgruis\u201d. Die naam van die kleur <em>oranje<\/em> (en dus ook Engels se <em>orange<\/em>, sowel die vrug as die kleur) is \u2019n vervorming van die Arabiese <em>naranj<\/em>, via Persies<em>,<\/em> <em>narang<\/em>, van die Sanskritnaam vir \u2019n lemoenboom: <em>naranga-s<\/em>. <\/p>\n\n\n\n<p>Om woorde uit ander tale oor te neem, hulle by die eie taal aan te pas, is so oud soos die geskiedenis van die w\u00eareld se tale self.<\/p>\n\n\n\n<p><em>Albatros<\/em> is \u2019n vermening van die Portugese <em>alcatraz<\/em> en <em>alcatruz<\/em>. In die 16de eeu was \u2019n <em>alcatraz<\/em> \u2019n pelikaan, en \u2019n <em>alcatruz<\/em> die emmer van \u2019n waterwiel \u2013 oorspronklik uit Arabies <em>al-qadus<\/em>. Die emmerbetekenis is toegepas op die pelikaan se krop, wat lyk of dit kan water hou, soos die bakkie van \u2019n bakkiespomp. Die tronkeiland Alcatraz in die baai van San Francisco is genoem na pelikane wat daar gebroei het toe die Spaanse ontdekkingsreisiger Juan Manuel de Ayala in 1775 daar verby is. Toe Engelse matrose, weg van die Noord-Atlantiese Oseaan, in die 17de eeu \u2019n onbekende vo\u00ebl hulle skepe dae lank sien volg, noem hulle di\u00e9 vo\u00ebl ook \u201calcatraz\u201d. Vandaar vandag se <em>albatros<\/em>, met sy spelling aangepas by die Latynse woord <em>albus<\/em> vir \u201cwit\u201d. <\/p>\n\n\n\n<p>&nbsp;<em>Alchemie<\/em>, letterlik\n\u201cdie chemie\u201d, verwys na die primitiewe chemie van die Middeleeue; alchemiste wat\nonedel metale in goud probeer omsit en soek na \u2019n lewensverlengende elikser of\npanasee. Sonder die lidwoord kom die moderne <em>chemie<\/em> van dieselfde woord:\n<em>kimiya<\/em>, wat Arabies op sy beurt van \u2019n nog ouer, Egiptiese woord kry: <em>chem<\/em>\nof <em>gam<\/em>, wat \u201cswart grond\u201d beteken.<\/p>\n\n\n\n<p>Die oorsprong van <em>algebra<\/em> is die titel van \u2019n\nhandleiding, geskryf deur \u2019n beroemde 9de-eeuse wiskundige, Bagdad Abu Ja\u2019far\nMuhammad ibn Musa al-Khwarizmi. Di\u00e9 boek, <em>Al-jabr wa al-muqabala<\/em> (\u201cBerekening\ndeur herstel en balansering\u201d), wat in die 12de eeu in Latyn vertaal is, het ook\nArabiese syfers aan die Weste bekend gestel. In die 16de eeu staan dit as \u201calgiebar\u201d\nbekend, met die klem op die tweede sillabe. Later verskuif die klem en dit word\n<em>algebra<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>Ten slotte \u2019n glasie. In Arabies <em>al-kuhul<\/em> of <em>kohl<\/em>.\nEtimologies \u201cdie poeier van antimoon\u201d: \u2019n gekristalliseerde, bros silwerwit metaal\nwat mens in \u2019n vysel kan fynstamp of tot \u2019n gas kan verhit wat by afkoeling\nweer tot \u2019n vaste stof kondenseer. Arabiese vroue het di\u00e9 kohl as oogskadu gebruik.\nVia Middeleeuse Latyn het \u201calkohol\u201d, \u201cdie poeier verkry deur sublimasie\u201d, \u201cdie produk\nvan distillasie\u201d geword, en uiteindelik (teen 1850) slegs \u2019n enkele distillaat:\n<em>hardehout.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right\"><em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 9 Oktober 2020 in die rubriek <\/em>Woordwisseling<em> in <\/em><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"120\" height=\"50\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 120px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><em> <\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek luister di\u00e9 week na die Algerynse sanger-liedjieskrywer Souad Massi. Verstaan g\u2019n snars nie, maar haar stem en kitaar klink goed, en terwyl ek luister, maak ek \u2019n lys van Afrikaanse woorde uit Arabies. Wat is die geskiedenis van woorde tog interessant. Arabies is \u2019n Semitiese taal; die belangrikste van verskeie tale van die Afro-Asiatiese &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/10\/09\/uit-arabiese-grond\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Uit Arabiese grond<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[3,43,27],"class_list":["post-482","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-afrikaans","tag-arabies","tag-etimologie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/482","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=482"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/482\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":485,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/482\/revisions\/485"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=482"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=482"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=482"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}