{"id":492,"date":"2020-11-20T05:47:28","date_gmt":"2020-11-20T05:47:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=492"},"modified":"2020-11-20T05:47:30","modified_gmt":"2020-11-20T05:47:30","slug":"bolandse-kookwater","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/11\/20\/bolandse-kookwater\/","title":{"rendered":"Bolandse kookwater"},"content":{"rendered":"\n<div class=\"wp-block-image\"><figure class=\"aligncenter size-medium\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"262\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/brandewyn-300x262.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-493\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/brandewyn-300x262.jpg 300w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/brandewyn.jpg 546w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p>\u201cTee\u201d,\n\u201ckaal koffie\u201d, \u201ckoffie sonder ketel\u201d, \u201cBolandse kookwater\u201d &#8230; Betekenisontwarring\nby die eerste bring my by Suid-Afrika se \u201cnasionale sopie\u201d: \u201cdie ruggraat van\ndie wynbedryf\u201d, die karperd wat glo menigmaal die wa deur die drif trek, van deftige\nklubs tot gewone huise, die bar in De Aar tot die sjebien op die hoek.<\/p>\n\n\n\n<p>Die kuns van brandewyn stook \u2013 oorspronklik as medisyne \u2013 kry\nEuropa van die Arabiere, die Arabiere van die Egiptenare. Uit Latyn se \u201caqua\nvitae\u201d, Frans se \u201ceau-de-vie\u201d, Afrikaans se \u201cakwaviet\u201d, \u201cakkawieta\u201d, \u201cakkamadiewie\u201d,\nDuits se \u201cLebenswasser\u201d, blyk die medisinale waarde van di\u00e9 \u201cwater van die lewe\u201d.\nVan die Duitsers se \u201cBranntwein\u201d, wat in Engeland as \u201cbrand wine\u201d en in\nFrankryk as \u201cbrandevin\u201d verkoop is, het \u201cBrannt-\u201d oorspronklik die gegiste\nvrugte- of groentesap aangedui, wat gebrand, gedistilleer of gestook is, asook\nletterlik die smaak daarvan. <\/p>\n\n\n\n<p>Dat brandewyn, van wyn gestook, ook verouder kan word, is\neers in die 17de eeu, per toeval, ontdek: Toe matrose van verbygaande skepe die\nFranse stadjie Cognac se akwaviet versmaai, bly die stooksel van die terroir se\nniewatwonderse druiwe op \u2019n keer lank in eikevate l\u00ea. Toe dit eindelik getap word,\nhet die helder vloeistof tot amber verkleur en is die brandsmaak wonderbaarlik\nsag op die tong. <\/p>\n\n\n\n<p>In Mei 1672, skryf Van Riebeeck in sy dagregister, distilleer\n\u2019n kok op \u2019n Hollandse skip, <em>De Pijl<\/em>, in Tafelbaai voor anker, die\neerste brandewyn van Kaapse druiwe. Toe die Voortrekkers \u2019n eeu of wat later die\npad binneland toe vat, dra elke wa sy vaatjie saam, want van ons grootjies se\nboererate is brandewyn die hart: \u201cMet tiemie getrek vir aambeie, met eierwit\nvir bedsere, met heuning vir bronchitis, met roulynolie, kasterolie en byewas\nvir brandwonde en \u2019n groot verskeidenheid kruie om die \u2018bloed skoon te maak\u2019. Vir\nbleskop is brandewyn, paraffien en kasterolie voorgeskryf, vir slanggif skoon\nbrandewyn, tot jy naar word. Vir koliek is perdemis en brandewyn net di\u00e9 ding,\u201d\nskryf Hester Claassens (2003) in <em>Die geskiedenis van boerekos 1652-1806.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Van Suid-Afrikaners se passie vir brandewyn getuig die WAT\nin vyftien boekdele. <\/p>\n\n\n\n<p>As huismedisyne is brandewyn met allerhande bestanddele\ngedokter. Hoe lyk dit met \u2019n alsie, anysie of boegoetjie? Brandewyn waarop die bitter\nblare of knoppe van als, anys of boegoeblare getrek het. Dalk \u2019n doppie \u2013 of \u2019n\nnippie (\u2019n kwartbotteltjie) \u2013 bloekom-, foelie-, gemmer-, kaneel-, kanfer-,\nknoffel-, naeltjiebrandewyn? <\/p>\n\n\n\n<p>Uit Nederland kom \u201cboeremeisies\u201d, brandewyn met appelkose\nof amandels, en \u201cboerejongens\u201d, met rosyntjies. \u201cKaapse jongens\u201d, of\nkorrelbrandewyn, is soet, word gemaak deur brandewyn op ryp druiwekorrels, gewoonlik\nhanepoot, en suiker te laat trek.<\/p>\n\n\n\n<p>Onder die groot aantal skertsende benamings vir brandewyn tel\n\u201cblouperd\u201d, \u201cbrandvoetjie\u201d, \u201cdomkrag\u201d, \u201cdoringdraad\u201d, \u201chardehout\u201d, \u201ckieliewater\u201d,\n\u201ckragwater\u201d, \u201ckromhoutsap\u201d, \u201ckwaaiwater\u201d, \u201clawaaiwater\u201d, \u201ctiermelk\u201d, \u201cvuurwater\u201d\n&#8230; \u2019n \u201cafsakkertjie\u201d of \u201caposteltjie\u201d. <\/p>\n\n\n\n<p>Baie brandewyndrinkers het vir hul voorkeurproduk \u2019n troetelnaam,\nsoos \u201cKlippies\u201d of \u201cWekkertjie\u201d, vir die bottel met \u2019n prent van \u2019n horlosie\ndaarop, of \u201cMoses-in-die-mandjie\u201d vir een met \u2019n rafia-omhulsel.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is uitdrukkings: Brandewyn en vroueraad (!) is goeie dinge, maar jy moet dit by bietjies gebruik. Pasop vir ontaard in \u2019n brandewynvlieg met \u2019n brandewynneus en brandewyntrane by wie dit die brandewyn is wat praat. Iemand wat so dig soos \u2019n brandewynbottel is, is geheimsinnig.<\/p>\n\n\n\n<p>Vandag word die naam \u201cbrandewyn\u201d in Afrikaans uitsluitlik vir gedistilleerde wyn van druiwe gebruik, in Suid-Afrika in potketels gedistilleer (teenoor kolomdistillasie elders) en vir minstens drie jaar, dikwels veel langer \u2013 vyf, twaalf, vyftien jaar \u2013 in eikehoutvate verouder tot dit spog met geure van appelliefie, kersie, vanielje, sitrus, heuning, dro\u00ebvrugte, speserye &#8230; Die kleur en karakter kom van die hout. <\/p>\n\n\n\n<p>Voor die brandewyn in die bottel kom, is dit die kuns van\ndie brandewynmeester om dit te versny \u2013 brandewyne uit verskillende vate, van\nverskillende jare, volgens sy of haar eie besondere styl te vermeng met \u2019n\nalkoholpersentasie wat van 38 tot 43 persent per volume kan wissel.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir ander, kleurlose jong stooksels van vrugte of groente word\ndie name \u201cblits\u201d \u2013 \u201cwitblits\u201d, \u201cwittetjies\u201d, \u201cboerblits\u201d, \u201cboerboel\u201d, \u201chakiesdraad\u201d,\n\u201ckettingblits\u201d \u2013 en \u201cmampoer\u201d gebruik. Witblits word tipies van druiwedoppe\ngestook, mampoer van veldvrugte, soos maroelas, mispels of moepels, of van perskes,\nof lemoene. <\/p>\n\n\n\n<p>Lewenswater? Duiwelsdrank? Hoe mens ook al daarna kyk: Brandewyn is heelwat interessanter as net brannas en Coke.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right\"><em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 20 November 2020 in die rubriek <\/em>Woordwisseling<em> in<\/em> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"120\" height=\"50\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 120px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cTee\u201d, \u201ckaal koffie\u201d, \u201ckoffie sonder ketel\u201d, \u201cBolandse kookwater\u201d &#8230; Betekenisontwarring by die eerste bring my by Suid-Afrika se \u201cnasionale sopie\u201d: \u201cdie ruggraat van die wynbedryf\u201d, die karperd wat glo menigmaal die wa deur die drif trek, van deftige klubs tot gewone huise, die bar in De Aar tot die sjebien op die hoek. Die kuns &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2020\/11\/20\/bolandse-kookwater\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Bolandse kookwater<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[3,46,45,27,28,20],"class_list":["post-492","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-afrikaans","tag-benamings","tag-brandewyn","tag-etimologie","tag-wat","tag-woordeboek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/492","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=492"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/492\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":494,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/492\/revisions\/494"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=492"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=492"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=492"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}