{"id":716,"date":"2021-06-18T08:06:40","date_gmt":"2021-06-18T08:06:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=716"},"modified":"2021-06-21T14:55:27","modified_gmt":"2021-06-21T14:55:27","slug":"veerkrag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2021\/06\/18\/veerkrag\/","title":{"rendered":"Die rooi veer is verrinneweer"},"content":{"rendered":"\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-style-default\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/veerkrag-1024x768.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-717\" srcset=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/veerkrag-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/veerkrag-300x225.jpg 300w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/veerkrag-768x576.jpg 768w, https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2021\/06\/veerkrag.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Druk \u2019n spiraalveer\nplat. As jy die druk wegneem, spring die veer na sy oorspronklike vorm terug.\nDi\u00e9 eienskap waaroor sommige liggame beskik, om n\u00e1 drukking, draaiing, rekking,\nwringing, tot hul oorspronklike toestand terug te keer, noem ons \u201cveerkrag\u201d. In di\u00e9 tyd van antie Rona\nword dit gereeld as metafoor gebruik.<\/p>\n\n\n\n<p>Om op vlak 3, van die derde golf, uit fase 2, 3, 4 telkens terug te bons, verg veerkrag. Soos di\u00e9 van gesondheidswerkers wat pasi\u00ebnt n\u00e1 pasi\u00ebnt n\u00e1 pasi\u00ebnt bly versorg, gasvryheidsondernemings wat kreatiewe oplossings bedink om hulle besighede aan die gang te hou, boere wat planne maak, hulle o\u00ebnskynlik nie maklik laat enerveer nie (van Latyn \u201cenervare\u201d, wat letterlik beteken \u201com die senu\u2019s af te sny\u201d). <\/p>\n\n\n\n<p>In die woorde van I.D. du Plessis: <\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p>Die rooi veer is verrinneweer<br>maar staan nog met \u2019n boog. <\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>Hoekom druk die\nlewe ander se vere dan so plat? <\/p>\n\n\n\n<p>In die sielkunde\nword dit al lank ondersoek. <\/p>\n\n\n\n<p>Met baie mense gebeur daar in hulle kinderjare nare dinge. Sommige verwerk dit, kom as volwassenes taamlik heel daaruit; ander kom dieselfde soort trauma nooit werklik te bowe nie. Wat maak tussen di\u00e9 twee groepe die verskil? <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVeerkrag,\u201d s\u00ea Joachim Duyndam, \u2019n professor aan die Universiteit van Utrecht onlangs aan <a rel=\"noreferrer noopener\" aria-label=\"NEMO Kennislink (maak in 'n nuwe oortjie oop)\" href=\"https:\/\/www.nemokennislink.nl\/publicaties\/veerkrachtig-zijn-doe-je-niet-in-je-eentje\/\" target=\"_blank\">NEMO Kennislink<\/a>. Veerkrag, wat hy maan, ni\u00e9 as \u2019n individuele eienskap, soos aanpasbaarheid of deursettingsvermo\u00eb, beskou kan word nie, maar wat in sosiale netwerke ontspring.<\/p>\n\n\n\n<p>Elke, unieke kind is deel van \u2019n sosiale netwerk, bevolk deur ondersteunende familielede,  ondersteunende vriende,  ondersteunende onderwysers. Of nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Veerkrag is by uitstek \u2019n sosiale verskynsel. <\/p>\n\n\n\n<p>In \u2019n sterk groepskultuur, waar mense mekaar aanvaar, opvang, ondersteun, word negatiewe gebeure as \u2019n span oorkom. So \u2019n groep mense, wat weet dat hulle van mekaar afhanklik is en mekaar ondersteun, noem Duyndam \u2019n \u201csosiale ekologie\u201d. <\/p>\n\n\n\n<p>Neem byvoorbeeld \u2019n skool, s\u00ea maar een waar \u2019n groep kinders geboelie word. As die skool, die hoof, onderwysers, beheerraad die probleem kan oplos sonder om die vinger na  \u2019n sondebok of sondebokke te wys of kinders uit te stoot, s\u00e1l samehorigheid herstel word. Daarna kan die ekologie selfs sterker wees. Misluk dit egter, is die skool net nog \u2019n sosiale konneksie, sonder samehorigheid, sonder veerkrag. Anders gestel: Individue wat oor veerkrag beskik, put dit so te s\u00ea altyd uit hulle sosiale ekologie, s\u00ea Duyndam.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir \u2019n \u201csosiale ekologie\u201d het Afrikaans die woord \u201cabbagemeenskap\u201d. Marlene le Roux gebruik dit wanneer sy van haar kinderjare vertel, hoe sy moes veg om erkenning, maar ook hoe sy die steun van \u2019n abbagemeenskap gehad het waar mense mekaar omarm het, waar volwassenes met kinders gepraat het, hulle hoop gegee het. <\/p>\n\n\n\n<p>Vandag is \u201cveerkrag\u201d \u2019n gonswoord. Dit word \u2019n slagspreuk. \u201cLig jou kop. Toe, komaan, wys \u2019n bietjie veerkrag.\u201d Maar dis \u2019n illusie om te dink ons kan teen alles weerbaar wees.<\/p>\n\n\n\n<p>As spanning deurlopend deel uitmaak van jou beroep, kan jy opleiding kry om dit beter te hanteer. Topatlete ontvang opleiding om negatiewe kommentaar in die media, katterigheid van mededingers die hoof te bied. Maar bevind jy jou eensklaps in \u2019n ander, nuwe spanningsvolle omgewing of situasie, dan is jy nie daarop voorbereid nie. <\/p>\n\n\n\n<p>In elke nuwe situasie word veerkrag en weerbaarheid opnuut getoets.<\/p>\n\n\n\n<p>Kinders se beeld van die w\u00eareld, van ander, \u00e9n van hulle self, ontwikkel op grond van hulle lewenservaring. Ons veerkrag l\u00ea in hoe goed ons ons w\u00eareld en selfbeeld by verandering aanpas. Dit is nie altyd maklik nie, maar die betekenis wat \u2019n mens aan \u2019n gebeurtenis heg, kan ook \u2019n bron van veerkrag word. <\/p>\n\n\n\n<p>Kinders word maklik gelei, be\u00efnvloed, verwar deur wat ander s\u00ea of wat hulle deur hulle optrede laat blyk. Die oplossing? Rolmodelle, s\u00ea Duyndam. Nie mense om na te doen of na te praat nie, maar wat as inspirasie kan dien vir hoe jy jou gedra. Deur rolmodelle kry kinders beheer om te verstaan wat in die samelewing gebeur en hulle rol daarin. <\/p>\n\n\n\n<p>Wie onafhanklik kan oordeel in plaas van om ander onnadenkend na te volg, is veerkragtig.<\/p>\n\n\n\n<p>Richta IJntema, \u2019n sielkundige, benadruk dat \u2019n mens ook veerkrag uit jouself kan put. Uit jou kennis van jouself, jou geloof in jou vermo\u00ebns, selfvertroue, bekwaamheid. Maar om hierdie eienskappe te ontwikkel, duur jare, en die grondslag word in die jeugjare gel\u00ea terwyl die selfbeeld nog \u201copleibaar\u201d is. <\/p>\n\n\n\n<p>Kom almal uiteindelik sterker uit \u2019n krisis? Nee, s\u00ea IJntema. Kenmerke van \u2019n krisis is dat dit wonde, skade meebring. Om te dink alles gaan dadelik weer pienk en plesierig wees, is onrealisties. Ons kan ons geestelik nooit volledig op die lewe se onvoorspelbaarhede voorberei nie; ons kan alleen maar oefen om ons w\u00eareldbeeld aan te pas. <\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\"><p>Die besef dat ons kwesbaar is, is ook veerkragtigheid.<\/p><\/blockquote>\n\n\n\n<p>In \u201cDie mense wat ek liefhet\u201d sing Laurika Rauch van marsjeer deur die w\u00eareld, beskut teen koue, gepantser teen vuur. Hoe? Saam met mense wat, as daar \u2019n oorlog kom, \u2019n karos om jou word.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Gepaste lied vir \u2019n abbagemeenskap, \u2019n abbaskool, dink ek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right\"> <em>\u2019n Verkorte weergawe van hierdie blog verskyn op 18 Junie 2021 in die rubriek <\/em>Woordwisseling<em> in<\/em> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"120\" height=\"50\" class=\"wp-image-257\" style=\"width: 120px;\" src=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-content\/uploads\/2020\/01\/Beeld.jpg\" alt=\"\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Druk \u2019n spiraalveer plat. As jy die druk wegneem, spring die veer na sy oorspronklike vorm terug. Di\u00e9 eienskap waaroor sommige liggame beskik, om n\u00e1 drukking, draaiing, rekking, wringing, tot hul oorspronklike toestand terug te keer, noem ons \u201cveerkrag\u201d. In di\u00e9 tyd van antie Rona word dit gereeld as metafoor gebruik. Om op vlak 3, &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2021\/06\/18\/veerkrag\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Die rooi veer is verrinneweer<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[63],"tags":[68,69,3,70,67],"class_list":["post-716","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-blog","tag-abbagemeenskap","tag-abbaskool","tag-afrikaans","tag-sosiale-ekologie","tag-veerkrag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/716","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=716"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/716\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":728,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/716\/revisions\/728"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=716"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=716"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=716"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}