{"id":888,"date":"2023-06-03T07:21:09","date_gmt":"2023-06-03T07:21:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/?p=888"},"modified":"2024-01-04T12:18:53","modified_gmt":"2024-01-04T12:18:53","slug":"boekaniers-is-bliksems","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2023\/06\/03\/boekaniers-is-bliksems\/","title":{"rendered":"Boekaniers is bliksems"},"content":{"rendered":"\n<p>Daar is kapers op die kus. Daar is gevaar dat iets van ons weggeneem word.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Kaper, s\u00ea die <em>WAT<\/em>, is iemand wat kaap, wat kapery beoefen. Sowel in die betekenis \u201cseerowery\u201d as \u201cmet geweld \u2013 \u00f3f stilletjies, slinks \u2013 iets vat\u201d. Kapers betaal nie. Ongeag of hulle dit kan bekostig, of nie. Wat hulle wil h\u00ea, begeer, eien hulle hulself eenvoudig toe. Kapers is diewe.<\/p>\n\n\n\n<p>Sinonieme vir <em>seerower<\/em>, <em>kaper<\/em>, is <em>vrybuiter<\/em> en <em>boekanier<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cBoekanier\u201d (klem op die laaste lettergreep) adem romantiek, het ek eens gedink. Dit roep \u2019n vervlo\u00eb w\u00eareld op van wiegende, krakende seilskepe; \u2019n deinende oseaan; avontuur; verborge skatte; pikbroeke met houtbene; waaghalsige seegevegte; pratende papegaaie; oogklappe.<\/p>\n\n\n\n<p>Harde feite skets die ware prentjie: Rowery gedy. Ter see \u00e9n op land. Kapings, kapers, van allerlei soorte, in verskillende gedaantes, berokken eerlike landsburgers, hier, onberekenbare skade.<\/p>\n\n\n\n<p>Het dit \u2019n geval van \u201cmonkey see, monkey do\u201d geword? Om di\u00e9 ou Engelse spreekwoord in aksie te sien, hoef \u2019n mens dalk nie verder as hierdie eie, droewe land te soek nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Van <em>boekanier<\/em> (uit Frans, van <em>boucan<\/em>, op sy beurt afgelei van <em>moka\u00e9m<\/em>, of <em>mukem<\/em>, \u2019n woord wat in Tup\u00ed-Guaran\u00ed, \u2019n inheemse Suid-Amerikaanse taal, \u201cgerookte vleis\u201d beteken) gee die WAT vier betekenisse: 1. Seerower aan die kuste van Wes-Indi\u00eb. 2. Seerower in die algemeen. 3. Amerikaanse wildjagter. 4. Wilddief. Toe ek onlangs iemand (sonder enige sweem van sentimentele romantiek) \u2019n vyfde betekenis hoor byvoeg \u2013 di\u00e9 van \u201cboekkaper\u201d, het ek gedink: Hoe gepas.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir ons wat voortbeur met taal en stories, daarmee ons brood verdien: van mediahuise en uitgewers tot joernaliste, skrywers, vertalers, teksredakteurs, proeflesers; vir lesers, luisteraars, kykers steeds gehalte probeer skep, verpak, versprei; ontwerpers, illustreerders, setters, drukkers, pakhuise, boekhandelaars, -voorlesers, programmeerders, webmeesters, administratiewe personeel, boontjietellers, skoonmakers, \u00e1l die salaristrekkers in di\u00e9 (vir Afrikaans krimpende, krimpende) bedryf. Vir ons, in ons boekies, is boekaniers bliksems \u2013 in elke, onverbloemde letter van di\u00e9 woord.<\/p>\n\n\n\n<p>Noudat nuwe ekspedisies eindelik die lig sien \u2013 ekspedisies t\u00e9\u00e9n boekstelers en elke ander vermaledyde soort kaper (vermaledyde, ja) in hierdie land \u2013 is ons verheug.<\/p>\n\n\n\n<p>Dra jy kennis van e-boeke wat onwettig versprei word? Laat weet die uitgewer. Stuur skermskote van die steler(s) \u00e9n die deler(s). Die spreekwoord s\u00ea: Die deler is so skuldig soos die steler. En die ontvanger? En die een wat rugdraai, anderpad kyk? Alle inligting word as vertroulik gehanteer.<\/p>\n\n\n\n<p>Is jy \u2019n vrybuiter, of \u2019n papskepper op een van WhatsApp se sousbote, wat deel in die buit en op sosiale media jou medepligtigheid met agteroorsalto\u2019s en kaperjolle probeer regverdig en goedpraat?<\/p>\n\n\n\n<p><em>Kaperjol<\/em> (<em>WAT<\/em>, bet. 2 b): \u201cOntwykende optrede (deur \u2019n persoon of groep) wanneer in \u2019n hoek gedryf, byvoorbeeld deur allerlei verskonings aan te voer en rats van die een na die ander aanvals- of verdedigingsplan oor te gaan.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Wel, ek hoop jy word geprosedeer vir jou baadjie. Hou jou broek klaar vir die onkoste.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-right\"><strong>Hierdie rubriek het op 2 Junie in <em>Beeld<\/em> en op <a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/netwerk24\/stemme\/menings\/jana-luther-papskeppers-op-die-sousbote-is-nou-gewaarsku-20230602\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Netwerk24<\/a> verskyn.<\/strong><br><em>Jana Luther is \u2019n taalpraktisyn en woordeboekmaker; haar menings is haar eie<\/em>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is kapers op die kus. Daar is gevaar dat iets van ons weggeneem word. \u2019n Kaper, s\u00ea die WAT, is iemand wat kaap, wat kapery beoefen. Sowel in die betekenis \u201cseerowery\u201d as \u201cmet geweld \u2013 \u00f3f stilletjies, slinks \u2013 iets vat\u201d. Kapers betaal nie. Ongeag of hulle dit kan bekostig, of nie. Wat hulle &hellip; <a href=\"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/2023\/06\/03\/boekaniers-is-bliksems\/\" class=\"more-link\">Continue reading <span class=\"screen-reader-text\">Boekaniers is bliksems<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[63],"tags":[3,74,75,76],"class_list":["post-888","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-blog","tag-afrikaans","tag-diefstal","tag-ie","tag-kopiereg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/888","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=888"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/888\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":991,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/888\/revisions\/991"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=888"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=888"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.afrikaans-vandag.co.za\/aktueel\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=888"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}