Bygewerk op 27 April 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 464

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

noir (Frans, rolprentkunde, letterkunde)

b.nw. [predikatief] gekenmerk deur ’n donker, spannende, onheilspellende, siniese verteltrant: Boonop word die teks in ooreenstemming gebring met ’n verstelstyl wat as noir beskryf kan word; ’n skaduryke narratief vol sinisme, fatalisme en teenstrydige moraliteit (Louis Esterhuizen, Rapport, 23 Julie 2019).


s.nw. [enkelvoud en meervoud] donker, spannende, onheilspellende verhaal/verhale: Noordse/Nordiese noir Die noir, die aksiebelaaide skop-skiet-en-dinges, die Victoriaanse whodunnit, die sielkundige riller, deesdae selfs die meer tradisionele spioenasieriller, kan alles as krimi’s beskou word (Bettina Wyngaard, Vrye Weekblad, 13 Desember 2019). Ek lees graag krimi’s en huishoudelike noir waar die intriges haarnaalddraaie gooi en die storielyn knetter en vonk soos ’n lewende elektriese kabel (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 1 November 2019).

chic noir subgenre van die chick lit-ontspanningsverhaal waarin intieme verhoudings tussen karakters as donker en spannend uitgebeeld word.


film noir Ook film noir-rolprent donker rolprent; (soort) film wat op die donker sy van die menslike natuur fokus: Het jy geweet jy kan gratis na film noir-rolprente op YouTube kyk? Daardie wonderlike flieks wat in wit-en-swart geskiet is, vol mooi en moeilike vroue, vinnige motors en mans met drankprobleme (Herman Lategan, Vrye Weekblad, 8 Desember 2023).


huishoudelike noir donker (gruwel)verhale wat teen die agtergrond van alledaagse, huishoudelike situasies afspeel: Huishoudelike noir speel meestal in ’n voorstad af, binne ’n “doodgewone” huis. Maar pleks dat die huis ’n geborge, veilige plek is waar ’n mens gekoester voel, word dit ’n slagveld waar verskeie vorme van geweld gepleeg word. Mishandeling, selfdood, molestering, drankmisbruik. Soms selfs moord. Sodoende word woonbuurtes oorlogsones (Gerda Taljaard, Vrye Weekblad, 29 September 2023). Ek lees graag krimi’s en huishoudelike noir waar die intriges haarnaalddraaie gooi en die storielyn knetter en vonk soos ’n lewende elektriese kabel (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 1 November 2019). As liefhebber van huishoudelike noir, waar die rillings hoofsaaklik sielkundig van aard en die moordenaar dikwels ’n versteurde loervink-huisvrou is, voel dit soms of skrywers in die harde misdaadgenre gaan sit en dink: Presies hoe kan ek die vroulike liggaam optimaal verfomfaai? (Deborah Steinmair, Rapport, 1 September 2019). Huishoudelike noir is vir my ’n welkome verandering van suiwer misdaadfiksie waar die protagoniste, meestal polisielede, grootliks stereotipes is (Deborah Steinmair, Rapport, 19 Maart 2017).


oorsprong:
Frans noir swart, duister.


samestellings:
noir-verhaal: Die speurverhaal fokus hoofsaaklik op die speurder; die noir-verhaal op die antagonis of die misdadiger (Jonathon Amid, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). Noir-verhale ondermyn ook die tradisionele verwagting van ontspanningsfiksie dat lesers hulle geredelik met karakters sal identifiseer (Willem de Vries, Die Burger, 9 Maart 2016).
noir-riller: Qubeka se noir-riller Of Good Report is in 2013 deur die regering op die fees verban “weens suggestiewe inhoud” en die verbod is later opgehef (Laetitia Pople, Die Burger, 23 Julie 2019).
noir-toneel


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther