Jana Luther

Jana Luther is ’n leksikograaf en teksredakteur wat spesialiseer in Afrikaans en tans (sedert 2019) as ’n mederedakteur aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT) verbonde is. Sy dien van 2013 af in die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie (van 2019 af as sekretaris) en werk af en toe as fiksieredakteur, herskrywer en vertaler vir verskillende uitgewers. Van 1996 tot 2006 is sy bedags woordeboekmaker by Pharos en saans en op Sondae gereeld nasienredakteur in die nagkantoor van Die Burger. Van 2007 tot 2017 is sy voltyds redakteur van die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT6) en van Julie 2026 af opnuut, deeltyds, redakteur van die sewende, aanlyn uitgawe (HAT7). In haar vrye tyd werk sy aan die Woordeboek van Afrikaans Vandag. Sy skryf sedert 2018 elke tweede week ’n taalrubriek (Woordewisseling) vir Beeld (tot 2024), Die Burger en Netwerk24.  Langer weergawes word soms in die RSG-program Taaldinge uitgesaai. Uit meer as 200 rubrieke wat in Afrikaanse koerante en aanlyn verskyn het, het sy vir die viering van die WAT se 100ste bestaansjaar (in 2026) 100 rubrieke uitgekies en saamgevoeg in die bundel En nog WAT – uit die woordeskat van Afrikaans.


En nog WAT

Onderhoud: Afrikaans tussen gister en môre (Op Maroela Media)


Huisgenoot, 19 Julie 2024

Afrikaans100

Huisgenoot, 14 Mei 2026


Onderhoud met Murray La Vita vir Beeld en Netwerk24, 17 Mei 2023

Woordeboekwerk en -publikasies

As skrywer, redakteur, samesteller

  • En nog WAT – Uit die Woordeskat van Afrikaans

    Koop die e-boek hier.
    Koop die papierboek hier.
  • Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 7de, aanlyn uitgawe (deeltyds by https://www.mmlhat.co.za, Maskew Miller Learning, 2026 – )
  • Woordeboek van Afrikaans Vandag. (Jana Luther. http://afrikaans-vandag.co.za. 2019 – )
  • Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 6de omvattend herbewerkte en uitgebreide papieruitgawe (voltyds, saam met Fred Pheiffer, termyn, en Rufus H Gouws, deeltyds. Pearson. 2015)
  • Longman-HAT Skoolwoordeboek en Longman-HAT Sakwoordeboek: Engels-Afrikaans/Afrikaans-Engels (Pearson. 2011)
  • Longman-HAT Basiswoordeboek: Engels-Afrikaans/Afrikaans-Engels (Pearson. 2011)
  • HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek en HAT Afrikaanse Sakwoordeboek (Pearson. 2009)

As mederedakteur

  • Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
  • HAT Taal- en Feitegids (F Pheiffer, J Luther. Pearson. 2014)
  • Longman-HAT Afrikaans Dictionary and Grammar for English Speakers (J Luther, T McLachlan, A Barnby. Pearson. 2012)
  • Pharos Afrikaans-Engels/English-Afrikaans Kernwoordeboek / Concise Dictionary (F Pheiffer, J Luther, W Smith-Müller. Pharos. 2007)
  • Pharos Afrikaans-Engels/English-Afrikaans Woordeboek / Dictionary (M du Plessis, F Pheiffer, W Smith-Müller, J Luther. Pharos. 2005)
  • New Words/Nuwe Woorde (M du Plessis, J Luther. Pharos. 1999)

As lid van die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

  • Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS), 11de omvattend herbewerkte uitgawe (Taalkommissie. Pharos. 2017)

As uitgewersredakteur (onder meer)

Papier

  • My eerste HAT (Daniel Hugo. Pearson. 2009)
  • My HAT Storiewoordeboek (Linda Rode. Pearson. 2010)
  • Feitegids (Isabel Uys. Pharos. 2007)
  • School Dictionary: English-Afrikaans / Skoolwoordeboek: Afrikaans-Engels (Jan Kromhout. Pharos. 2005)
  • Dictionary of Economics and Business / Ekonomiese en Bedryfswoordeboek (WFJ Steenkamp, HJJ Reynders. Pharos. 2005)
  • Business Dictionary / Sakewoordeboek (JDU Geldenhuys, EE Viljoen-Smook. Pharos. 2004)
  • Dictionary of Oceanology / Oseanologiewoordeboek (Johann RE Lutjeharms. Pharos. 2004)
  • Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom (Anton F Prinsloo. Pharos. 2004)
  • Skryf Afrikaans van A tot Z (Dalene Müller. Pharos. 2003)
  • Afrikaanse woordelys en spelreëls (Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Pharos. 2002)
  • South African Music Dictionary / Suid-Afrikaanse Musiekwoordeboek (Maria Smit, Reino Otterman. Pharos. 2000)

Digitaal

  • HAT Aanlyn en Longman Online (woordeboekversamelings en webblad by www.longman-hat.co.za. 2014–2017)
  • e-HAT5 (CD-ROM)
  • Pharos Aanlyn (woordeboekversameling by www.pharosonline.co.za. 2004–2007)  
  • Pharos Speller (Afrikaanse speltoetser en woordafbreker vir Microsoft Office, saam met Polderland Language and Speech Technology, Nijmegen. 2002)
  • Collins Dictionaries 4-in-1 (CD-ROM, saam met Logos/Libronix. 2001)
  • Pharos Woordeboeke / Dictionaries 5-in-1 (CD-ROM, saam met Logos/Libronix. 2002)

Motto’s

Bou die tuig terwyl dit vlieg.

“As jy iets liefhet maar nie (meer) ’n bydrae kan maak nie, moet jy dit lief genoeg hê om pad te gee” (Rassie Erasmus).