Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

blokketting s.nw. | blokkettings | verdeelde openbare register/verslag van alle kriptotransaksies wat deur houers van kriptogeldeenhede in stand gehou en voortdurend bygewerk word: Elk van die rekenaars in die netwerk het ’n volledige kopie van die hele blokketting waarin ál die blokke data die een ná die ander chronologies georden is. Indien iemand die blokketting sou wou manipuleer, moet die persoon dit gelyktydig op meer as 50% van ál die rekenaars in die netwerk doen (Jan C. Greyling, Landbou.com, 12 Maart 2021). Elke blokketting maak gebruik van sogenaamde myners wat die transaksies daarop verifieer. Hetsy geld of inligting uitgeruil word, moet dit eers deur hierdie myners bevestig word voordat dit by die blokketting gevoeg word (Petrus Malherbe en Elvira Wood, Netwerk24, 12 Julie 2018). Met die blokketting word dié transaksielêers nie privaat bygehou nie, maar in die openbaar (Finweek, 1 Maart 2018).SINONIEM(E): kluiskettingENGELS: blockchain

KYK OOK: kluisketting, kriptogeldeenheid, kriptomyner


samestellings:
blokkettingnetwerk: Só is elke transaksie wat ooit plaasgevind het in die openbare domein vir enigeen om te gaan bekyk op bedieners (of nodusse) wat voortdurend in die wêreldwye blokkettingnetwerk toeneem in getal. (Finweek, 1 Maart 2018).
blokkettingontwikkelaar
blokkettingtegnologie: Alle kriptogeld gebruik … blokkettingtegnologie. Gestel jy stuur vir jou vriend bitcoin deur die bitcoin-netwerk. Daar is ’n gedesentraliseerde netwerk van rekenaars (reg oor die wêreld) wat dan “saamwerk” om die transaksie geldig te verklaar. En om eienaarskap te bewys. Alle transaksies word in “blokke” gepak om ’n ketting te vorm. Dit kan nie vernietig of verander word nie. Hierdie blokketting is basies soos ’n digitale lêer of rekord van daardie transaksies (Sarie, April 2018).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther