Bygewerk op 4 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

hoofstroom
s.nw. | hoofstrome |
1
van ’n rivier  

2
(figuurlik) belangrikste of leidende deel van, of belangrikste beweging of rigting in ’n kuns, wetenskap of dergelike: Die huidige struktuur belemmer groei en ontwikkeling en veroorsaak ’n stadige pas van werkskepping. Dit lei daartoe dat baie mense hulle buite die hoofstroom van die ekonomie bevind (Marietjie Gericke, Netwerk24, 11 Februarie 2022). Thomas Deacon, S.J. Pretorius en ook Hans du Plessis het gesorg dat Griekwa-Afrikaans deel word van die hoofstroom van ons letterkunde (Laetitia Pople, Netwerk24, 24 Januarie 2022).ENGELS: mainstream

b.nw. [slegs predikatief] (figuurlik, informeel, weinig gebruiklik) wat tot die hoofstroom behoort: Haat of omarm dit, tatoes is hoofstroom (Sarie, Februarie 2016). Meditasie is nie meer eksklusief en esoteries nie, dit is hoofstroom (Idees, April 2016). Daar is ’n paar versagtende omstandighede vir die vrot uitslae: Leerlinge mag net een keer per fase druip, en daar is nie meer spesiale klasse vir leergestremdes nie, want almal is hoofstroom (Die Burger, 20 Oktober 2005). Jeugkultuur is nie meer “ondermynend” nie; dit is hoofstroom en weerspieël die houding, oortuigings en passie van die nuwe volwasse plaaslike mark (Die Burger, 10 Mei 2005).

samestellings:
hoofstroombank
hoofstroombelangstelling
hoofstroombesigheid
hoofstroombier
hoofstroomekonomie
hoofstroomfliek
hoofstroommark
hoofstroommedia
hoofstroomonderwys
hoofstroompolitiek
hoofstroomproduk
hoofstroomskool


  Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther