Bygewerk op 2 Maart 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 449
Pretoriaans
♦ s.nw. [geen meervoud] (skertsend) variëteit van Afrikaans wat in die omgewing van Pretoria gepraat en dikwels aan die oorgeronde uitspraak van die /a/-klank as ’n /ɔː/-klank uitgeken word: › Hoe verleidelik is mooi, skoon of goeie taal? Die vraag duik op wanneer die kyker, of luisteraar skielik blootgestel word aan ’n kommentaar soos: “Jis, my ou, daai girl is hot en sommer sharp ook.” Die sprekers sit agter my. Ek loer. Aansienlike kêrels. Maar nou kom die knoop: Dis immers nie Pretoriaans of Namakwaans of, veral nie wye Kaaps wat ek hier hoor nie. Dis, om te bieg, afstootlik (Martie-Retief Meiring, Netwerk24, 4 Februarie 2021). ◌ SINONIEM(E): Pretoria-afrikaans | Pretoriaans ◌ ENGELS: Pretoria Afrikaans
KYK OOK: Ôfrikôôns
♦ b.nw., bw. | Pretoriaanse | wat van Pretoria kom of met Pretoria verband hou: › Versamelaars van kontemporêre werke sal uit baie ander interessante werke kan kies, onder meer “Lyttelton”, ’n werk deur die Pretoriaans gebore Anton Karstel (Netwerk24, 31 Julie 2015).
pompstasie
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi
popstront
porno-ster
posbestelbruid
posbruid
post-covid-sindroom
postie
pot 1
pot 2
potlood
potplakker
PPE
PPI
pragmatariër
Prasa
predikant
presisieboerdery
pret
Pretoors
Pretoriaans
pretpedagogie
Pride
Pride-maand
priemkebab
prikpouse
prikwater
proksemika
promessie
pronatalis
pronatalisme
pronatalisties
pronkplakker
pruttelpraatjies
psigogeriater
psigogeriatrie
psigolinguistiek
psilosibiensampioen
punt-in-die-wind-
pwasa
p-woord
QCTO
QR
queer