Weekliks

6 Januarie 2024

Fake Afrikaans?

Kersfees is ek op Hartenbos, in die huis oorkant die amfiteater. Ek hoor die gemeente sing en ek dink: Ons ken nie meer die woorde nie, Ouma – hulle het alles gaan verander. Elke woord van die predikant kom oor die uitstekende klankstelsel na my aangesweef. Hy is with it en preek oor Kersfees wat so fake geword het. Hy laaik die woord “fake” kwaai. Ek dink aan my ouma se klinkende taal. Hoe sou sy dit sê? Klatergoud, waarskynlik. Afrikaans het beter woorde, as ons hulle nie langs die pad laat val nie.

Deborah Steinmaier, Vrye Weekblad, 6 Januarie 2024