Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
alie s.nw. | alies | alietjie | (informeel) agterstewe
UITDRUKKING(S):
♦ … soos jou alie nie goed nie; treurig; sleg; vrot: › Waarom kry ek nie … in enige woordeboek of speltoetser nie? Of soek ek soos my alie? (Gerhard van Huyssteen, VivA Taalwerkersforum, 4 Julie 2019).
♦ jou alie af …
1 baie seer: › Ek het my alie af geval! En baie klasse gemis (Anél Coetzee, Rapport, 9 Junie 2019).
2 so goed/hard/ens. as wat jy kan: › Ons bied ook vir hulle werksessies aan met kenners van oor die wêreld heen … en daar moet hulle eintlik maar hul alie af netwerk. (Ricardo Peach, Netwerk24, 12 Junie 2019).
♦ jou/sy/haar alie sien sleg gaan met …; moeilikheid kry: › Die rand sien sy alie, die kapitaalmark stort in duie en handelaars, joernaliste en beleggers bel mekaar om kop of stert uit te maak van hierdie totale f**op (Dawie Roodt, Netwerk24, 10 Junie 2019).
ahimsa
AI
Airbnb
aire
aireste
akademie
akhni
akkel 1
akkel 2
akkeltjie
aksentdiskriminasie
aksentisme
akwafaba
akwamasie
akwaponies
akwaponika
akwaties
akwifer
alfabetisme
Alfa-generasie
alfalfa
alfavariant
alhamdulillah
alie
alles
almal
Aloe vera
aloe=
amadoda
amagwinya
amant
amashoba
amber
amie
Amie
amigurumi
amperie
Amptenaraans
AMT
anderding
anderjanstorie
Anglikaans
Anglokaans
Angst
ankole
ant
antie