Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

chlorokien s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (farmakologie, geneeskunde) kinien wat geneeskundig gebruik word as ’n middel teen malaria, en omdat dit die immuunstelsel lig onderdruk, ook vir die behandeling van sommige outo-immuunsiektes, soos rumatoïede artritis en lupus eritematose, ’n outo-immune bindweefselsiekte: ’n Onlangse waarnemingstudie oor chlorokien en hidrochlorokien het dié malariamiddels verbind met ’n verhoogte sterftekoers en ’n aritmiese hartklop in hospitaalpasiënte met Covid-19 (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 5 Junie 2020). Chlorokien is reeds tydens die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel en vir baie jare was dit die voorkeurmiddel om malaria te behandel of te voorkom dat jy die siekte kry. Ongelukkig het die malaria­parasiet grootliks weerstandig teen hierdie middel geraak. Vandag word chlorokien, veral hidroksiechlorokien omdat newe-effekte minder is wanneer hoë doserings geneem word, gebruik om inflammatoriese toestande soos rumatoïede artritis en lupus te behandel (Heinz Mödler, Rapport, 19 April 2020).
ENGELS: chloroquine


samestelling(s):
chlorokienbehandeling: Chlorokien-behandeling is vroeg in die koronaviruspandemie as noodmaatreël deur die VSA se Food and Drug Administration (FDA) goedgekeur en pres. Donald Trump het veel geroem oor hierdie wonderkuur vir Covid-19. [...] Enkele maande later is hierdie maatreël herroep omdat die behandeling tog onsuksesvol was, en talle pasiënte het ernstige newe-effekte ervaar (Johan B. Ubbink, Netwerk24, 8 Januarie 2021).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther