Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
dompelduikboot s.nw. | dompelduikbote | klein, kompakte, drukweerstandige onderwatertuig, baie kleiner as ’n duikboot, wat vir spesifieke doeleindes, soos diepsee-verkenning, -waarneming en -fotografie, mariene argeologie en navorsing gebruik word: › Die dompelduikboot wat op ’n toeriste-ekspedisie vertrek het om die wrak van die Titanic te verken, word vermis (Netwerk24, 19 Junie 2023). › Daar is geen manier om met die vaartuig te kommunikeer nie omdat GPS of radio nie onder water werk nie. Wanneer die ondersteuningskip direk bokant die dompelduikboot is, kan hulle kort teksboodskappe heen en weer stuur [...] Passasiers (is) binne die vaartuig verseël ... deur boute wat van buite aangebring is. Daar is geen manier om te ontsnap nie, selfs al styg jy self na die oppervlak. Jy kan nie uit die vaartuig kom sonder dat bemanning aan die buitekant jou toelaat nie (Netwerk24, 20 Junie 2023). › Volgens die OceanGate-webwerf besit hy drie dompelduikbote en net die Titan kan diep genoeg duik om die Titanic se wrak te bereik. Die Polar Prince, ’n navorsingskip wat gebruik word om dompelduikbote na die Titanic-wrakterrein te vervoer, was by die ekspedisie betrokke (Netwerk24, 20 Junie 2023). › Dompelduikbote is met lewensondersteuningstelsels toegerus om klein bemannings, vir die duur van kort onderwateroperasies, van lug, temperatuurregulering en ander noodsaaklike geriewe te voorsien.
◌ SINONIEM(E): dompeltuig
◌ ENGELS: submersible
djas
djieker
djintoe
djits
DM
DNA
DNS 1
DNS 2
dodemars
doekebraai
doemkopter
doen
doenja-goed
dofie
dololo
dom
dombolo
dominator
dominatrise
dominatrix
dominee
domino
dommeling
dompelduikboot
dompeltuig
don
döner kebab
dongel
donker
donkerkombuis
donkernet
donut
dooddoula
doodgoed
doodsafrigter
dophoutegnologie
dopmaatskappy
dotcom
doughnut
doula
DOV
dowwerd
draad 1
draad 2
draaiaartappel
draaikebab
draaisimmetrie