Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
expat s.nw. | expats | (Engels, informeel) Ook ekspat
1 iemand wat burgerskap van sy of haar eie land prysgegee het om ’n burger van ’n ander land te word: › Om eerlik te wees, skryf die expat, “ek sien vir die reënboognasie geen toekoms meer nie” (Finweek, 25 Junie 2015). › Dink maar aan al ons expats. Almal van ons ken iemand, of ken iemand wat iemand ken, wat nou ’n lekker lewe in Australië, Kanada of Brittanje het (Die Burger, 13 Oktober 2006).
◌ SINONIEM(E): uitgewekene
2 iemand wat woon en werk in ’n ander land as die land waarvan hy of sy burgerskap het, dikwels tydelik, om werkredes: › ’n Kreatiewe direkteur in die tydskrifbedryf [...] sê sy het as alleenlopende expat in Doebai ... reeds van ’n alles-of-niks-verhoudingstendens begin bewus word. Sy het gou in die vreemde opgelet uitnodigings om uit te gaan het van mans gekom wat nie werklik ’n langtermyn-verbintenis wou hê nie, of van diegene wat te vinnig te ernstig wou raak (Sarie, 16 Mei 2022). › Gelukkig stem ons op ’n somersdag sonder reën, anders het hierdie paar duisend expats beslis nie vandag hulle kruisies getrek nie (Chrstoff Odendaal, Vrye Weekblad, 31 Mei 2024).
◌ ENGELS: expat | expatriate
samestelling(s):
expat-skrywer
expat-storie
eraïsme
Erasa
erfenisgroente
Erfenismaand
erfenissaad
erfgroente
erfsaad
ervaringstoeris
ervaringstoerisme
ervaringstuin
e-SIM
e-sport
essie
Eswatini
ethereum
etiket
etnonasionalis
etnonasionalisme
etnonasionalisties
ettig
Europese Ruimteagentskap
EVDS
e-voertuig
expat
exposé
extraordinaire
fadjer
Fafbroekie
fait accompli
faloeda
falooda
Falun Dafa
Falun Gong
famo
fard
farmaboerdery
farmaplant
fediversum
feesflerrie
feitekontrolering
feitkontroleerder
fibrodisplasie
FICA
fietna
fietsambulans
finaliseer
FIS