Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

gaslighting s.nw. [geen meervoud] (Engels, psigiatrie en psigoanalise) Ook (selde) gasbeligting
vorm van sielkundige misbruik en manipulasie wat daarop gemik is om iemand aan sy of haar eie oordeel en gesonde verstand te laat twyfel, soos deur vol te hou dat die persoon oor bepaalde dinge, gebeurtenisse, sake verkeerd is, dat die persoon hom of haar misgis, vergis, dat hulle bepaalde dinge vergeet, belangrike dinge nie onthou nie, en so meer, totdat die slagoffer uiteindelik werklik glo dat sy of haar werklikheid nie met die ware werklikheid ooreenstem nie: Gaslighting is ’n soort belediging wanneer jy iemand se verstandelike helderheid sonder goeie gronde betwyfel
(Rapport, 2 Julie 2023).
Gaslighting is as jy iemand laat voel asof hulle besig is om kêns te raak. Jy stel vir hulle ’n strik en dan dink hulle daar is fout met hulle (Herman Lategan, Hoerkind, 2022). [Die universiteitsbestuur] probeer wegkom deur daarop te wys dat daar geen klagtes is nie. Hul verdere poging om te impliseer dat die klaers hulself misgis, is ’n klinkklare geval van wat as “gaslighting” bekend staan: Die bestuur impliseer dat die klaers probleme sien wat daar nie is nie, selfs al is daar sterk prima facie-getuienis om ’n ondersoek te gelas (Frederik R. van Dyk, Netwerk24, 9 Maart 2021). Die term gaslighting word gebruik as iemand emosioneel gemanipuleer word om hul eie geestesgesondheid te bevraagteken (Huisgenoot, 21 Februarie 2020). Gaslighting: Laat iemand twyfel aan hul eie geestesgesondheid deur die verspreiding van ’n leuen (Barend du Plessis, Rapport, 5 April 2020). Narsiste is bekend vir die emosionele vorm van geweld genaamd gaslighting. Hierdie taktiek is wat die meeste skade gedoen het in my lewe, soveel so dat ek nie vertroue gehad het in my eie vermoë om besluite te neem of selfs my eie geheue van gebeure nie (Sarie, 25 Februarie 2020).


oorsprong:
Na die stelselmatige, kwaadwillige kognitiewe verstrooiing van die slagoffer deur haar eggenoot in die Amerikaanse rolprent met dié titel, 1944, gebaseer op 'n toneelstuk, Angel Street, deur Patrick Hamilton, 1938.


KYK OOK: gaslight


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther