Bygewerk op 12 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

omgewingstres s.nw. [geen meervoud] (psigiatrie en psigoanalise)
1
stres wat by iemand ontstaan as gevolg van bepaalde situasies, toestande, gevare in sy/haar omgewing: [Die] wêreldbekende professor in psigiatrie […] sê dit is inderdaad so dat die nagevolge van omgewingstres – soos byvoorbeeld vrees vir aanranding of verkragting – ’n blywende impak op mense se denke, gedrag en geestesgesondheid kan hê (Rozanne Els, Vrye Weekblad, 15 November 2019).

2
benadeelde werking van ’n gebruiksartikel of voorwerp as gevolg van ’n situasie, veranderlike of omstandigheid in die omgewing waar dit gebruik word, voor bestem is of normaalweg funksioneer: Die Amerikaanse militêre standaard (MIL-STD-810) is ingestel om ’n reeks toetse te bied wat simuleer hoe materiale omgewingstres deurstaan gedurende hul bedryfsleeftyd. Uiteraard is toetse op ’n baadjie nie dieselfde as die toetse waaraan ’n telefoon onderwerp word nie, maar daar is agt MIL-STD-810-toetse wat gebruik word om te bepaal of ’n selfoon regtig duursaam is (Landbouweekblad, 4 Oktober 2019).ENGELS: environmental stress


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther