Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

leer s.nw.

diep leer Ook (soms) diepleer
(rekenaar) metodes en tegnieke vir die skep van kunsmatige neurale netwerke wat rekenaars in staat stel om opdragte en take uit te voer op maniere wat sterk ooreenstem met hoe mense dit doen: Die eerste tipe masjienvertaling het van ’n stel reëls vir die betrokke taalkombinasie gebruik gemaak wat dan deur die stelsel verwerk is. Dit staan bekend as reëlgebaseerde masjienvertaling. Dit is opgevolg deur statistiese masjienvertaling, wat op waarskynlikhede gegrond is. Dit vereis groot korpora brontekste en hul menslike vertalings. Neuromasjienvertaling maak ook staat op groot korpora van menslike vertalings, maar ’n neurale netwerk wat die optimalisering van diep leer behels, word gebruik. Hierdie stelsels vereis baie verwerkingskrag en geheuegrootte (Eleanor Cornelius, LitNet, 16 Maart 2020). Heelwat navorsing is reeds gedoen om aggressiewe gedrag op aanlyn platforms rekenaarmatig te identifiseer. Sulke studies ondersoek aggressie en afknouery in teks, met ander woorde dit gebruik kunsmatige intelligensie (KI) in die vorm van masjien- en diepleer vir die identifisering van aggressiewe taalgebruik (Burgert A. Senekal, LitNet, 31 Maart 2022).
ENGELS: deep learning

diepleertegniek (rekenaar): Die omstrede kletsbot ChatGPT [...] gebruik ’n diepleertegniek om teks en gesprekke te genereer wat dikwels nie onderskei kan word van dié wat deur werklike mense geskep is nie (Werner Wippenaar, Netwerk24, 17 Januarie 2023).


diepleervermoë (rekenaar): Die verkope [in ’n winkel sonder betaalpunt] word gedoen met dieselfde soort tegnologie wat in selfbestuurmotors gebruik word: rekenaarvisie, sensorsamevloeiing en diepleervermoëns (Finweek, 11 Mei 2017).


KYK OOK: masjienleer


gemengde leer Ook vervlegte leer
leer wat onderrig-leersituasies van aangesig tot aangesig, soos in ’n klaskamer of lesingsaal, kombineer met aanlyn elemente wat op/vanaf enige plek benut kan word: Daar (is) reeds navorsing gedoen oor die gebruik van tegnologie (bring-jou-eie-toestel), dat dit voordelig vir klaskamerinteraksie tussen student en dosent is en dat dit vervlegte (gemengde) leer moontlik maak ten einde “beide intydse [en] interaktiewe klasdeelname te bevorder” Foo en Cheung (2017:85) argumenteer dat die grootste aantrekkingskrag van gemengde leer die vermoë daarvan is om die positiewe eienskappe van twee leeromgewings, naamlik aangesig-tot-aangesig-leer en e-leer, te kombineer (Ria Taylor, Michele van der Merwe, ’n Behoefte aan die integrering van tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer om die ontwikkeling van 21ste-eeuse vaardighede te ondersteun, LitNet, 21 Februarie 2019).
ENGELS: blended learning

SINONIEM(E): versnitleer


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther