Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

met voorsetsel

Weglating

’n Setsel, volgens VivA se Taalonderrigportaal, is ’n “woord wat ’n verhouding tussen twee referente in ’n sin aandui”. Dit “het ’n komplement, en hierdie komplement is gewoonlik ’n naamwoordstuk”. Johan Spies het sommer gepraat van “die woordjies wat sorg dat gesindhede tussen die grotes reg bly”, en “wat ’n talent het om vir hulleself werkloosheid te skep”.

’n Leser vra: Skryf tog iets oor die gebruik van “met”? Al hoe meer mense laat dit uit. Op TV skryf ’n paartjie in ’n uitnodiging: “Julle word genooi om saam die Labuschagnes te kom braai.”

Oor hierdie weglating, nie net in die spreektaal nie, maar deesdae ook wanneer mense skryf, word daar toenemend gegis en gemor. Wanneer die bywoord “saam” beteken “met mekaar; wat aan dieselfde handeling deelneem”, word dit tradisioneel gevolg deur “met”: “Ek wil saam met jou oud word.” Nou kom staan mors Afrikaansgebruikers skielik met: “Ek wil saam jou oud word.”

Die meeste preskriptiewe bronne verwerp die weglating van “met” hier as ’n taalfout. Vier jaar gelede reeds skryf VivA se taaladviseur, Sophia Kapp, ’n blog getiteld: “Met” – huldeblyk aan ’n afgestorwe voorsetsel. Maar is dié weglatingsverskynsel werklik so vreemd?

In sy boek Afrikaanse Sintaksis (1979) bespreek die taalkundige Fritz Ponelis wat hy noem “voorsetselstroping”. In kort: dat voorsetselwerkwoorde in Afrikaans (soek na, spot met, skei van, bejeën met) deur “stroping” van die voorsetsel dikwels tot ’n skoon naamwoordstuk (voorwerp) gewysig word: Ek soek na die skêr – Ek soek die skêr. Die kinders spot met haar – Die kinders spot haar. Sy skei van hom – Sy skei hom. Hulle bejeën ons met agterdog – Hulle bejeën ons agterdogtig.

Gewoonlik kyk ons na iets, maar in die omgang kyk ons rugby. Ons kners (op) ons tande, knik (met) die kop, klim (in) ’n boom, ry (op) ’n perd. Hoekom is “saam (met) iemand braai” anders?

My stuiwer: Die bywoord “saam” versmelt dikwels spontaan met ’n werkwoord. So onstaan skeibare werkwoorde (as een woord, vas geskryf) en voorsetselwerkwoorde soos “saamgaan met”. Vind voorsetselstroping plaas, lei dit tot sinne soos “Ek gaan saam my ma”, wat van “Sy knik haar kop” alleen maar verskil omdat die werkwoord ’n skeibare werkwoord is waarvan die dele omruil.
Daarby beteken “saam” en “met” in sulke sinne dieselfde: Kom jy saam? Kom jy mee? Daar is geen betekenisverlies nie; die woord wat oorbly doen al twee se werk.

Praatafrikaans wemel van weglatings: klankweglating (uitkapping: vandag – ve’dag; agterafkapping: vlieg – vlie’, weer – wee’); stemlooswording (dadelik – da´tlik). Om van ander klankverskynsels nie te praat nie: assimilasie, klanktoevoeging, metatesis (klankverspringing), nasalering, ontnasalering, ontronding, palatalisasie, toutologie, velarisering, vokaalverkorting ... Daar is baie meer.  Al die variëteite – ons almal se Afrikaans – is deurspek hiervan.

Waar lê die knoop dan? As jy (vir) my vra: Nie by hoe ons praat nie, maar dat ons nie meer (genoeg) moeite doen met skryf nie. “Dis ’n blote mite dat ons skryf soos ons praat,” het Johan Combrink gesê. Het jy al óóit gehoor hoe praat iemand ’n hoofletter, ’n kleinletter, ’n koppelteken?

Jana Luther
Woordewisseling: Beeld, Die Burger, Netwerk24, 9 September 2022 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther