Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
motjiekok s.nw. | motjiekokke | [gewoonlik enkelvoud] (Moesliemafrikaans) kok wat in beheer is van die maak van die kos vir ’n janaza (= Moesliembegrafnis): › ’n Motjiekok kook vrywillig vir begrafnisse. Sy is in beheer van die kos, maar almal wat opdaag, sit hand by. Die motjiekok sê wie moet groente skoonmaak, rys kook, tafel dek of ertjies en wortelbredies maak. Daar word groot vure gemaak (die kokery gebeur buite die huis) en die grootste potte word uitgehaal. Almal by die begrafnis eet saam (Cass Abrahams, Netwerk24, 28 Februarie 2021). › Ek kan potte en panne hoor klater. Ma Mentoor, die motjiekok, en haar helpers kook seker weer groot (Nanette van Rooyen, Die 17de veer, 2018).
modder
modemasker
modus
moeder
moer
moermeter
moers
Moertad
moesallie
moesie
moesiemond
moffie
mogodu
mojito
molla
mompelment
mond
mondboog
mondkappie
monument
moordvis
mosaïeklandbou
moskombers
motjiekok
motorfiets-ambulans
motswako
mozzarellabolletjies
MPD
MRK
mRNA
mu'assel
muis
muishondstaat
muishondstatus
multifaktorverifikasie
multiheelal
multimorbiditeit
multitaakverrigting
multitask
multiversum
multiwerktuig
Münchmeyersiekte
munisifaliteit
musiekstroomdiens
muur
mx
my se