Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
oorbruggingstaal taal wat vir kommunikasie gebruik word deur mense wat mekaar se eerste tale nie verstaan nie, of minder goed as die oorbruggingstaal: › In Suid-Afrika, as meertalige land, is dit noodwendig dat kommunikasie al meer in Engels as oorbruggingstaal gebeur (Willem Jordaan, Die Burger, 26 Oktober 2023). › As die mense nie dieselfde taal verstaan nie, moet ’n oorbruggingstaal gebruik word. In so ’n geval is Engels die voorgestelde taal (Netwerk24, 24 Junie 2013). › Fanakalo word in die multinasionale en veeltalige myne van Suid-Afrika (asook die res van Suider-Afrika) as ’n oorbruggingstaal van kommunikasie tussen mynwerkers (asook mynwerkers en opsigters) gebruik (Menán van Heerden, LitNet, 21 Februarie 2019).
KYK OOK: tussentaal
omgewingsmoord
omgewingstres
omicron
omikron
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oogspookasem
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=
opskiettent
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol