Bygewerk op 9 Mei 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 475

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

persoonlikheid s.nw. | persoonlikhede |ENGELS: personality

Die woord persoonlikheid is ’n afleiding van persoon. En persoon is van Latynse herkoms. Die Latynse bronwoord is persona. En hierdie Latynse woord het self ’n baie interessante geskiedenis.

Die betekenis “individu” is ’n veralgemening van die Latynse betekenis “akteur”. “Akteur” is ’n geassosieerde betekenis: Die Romeinse akteur het ’n masker gedra, en persona was die naam vir dié masker. Maar ook “masker” is ’n geassosieerde betekenis: Die Romeinse akteursmasker het ’n mondopening gehad waardeur die akteur gepraat het. “Mondopening van ’n masker” is die ouer betekenis van persona.

Maar nog is het begin niet. Dié persona kom van die woordgroep per sona, en daardie per sona beteken “deur die klank”. En so kom ons volsirkel: Persoonlikheid, persoon handel in wese oor die klank agter die masker, die klank agter die masker wat die akteur vir die wêreld voorhou.

Die naamwoord persoon verdring deesdae, onder Engelse invloed, die naamwoord iemand. Hierdie tipe verkeerde taalgebruik vind mens in konstruksies soos: ’n Persoon sê nou die dag vir my ... As jy ’n persoon wil kwaad maak, praat net sleg van sy ma.

Die gewone Afrikaans was al die jare: Iemand sê nou die dag vir my ... As jy iemand wil kwaad maak, praat net sleg van sy ma.

Nog ’n naamwoord wat, onder Engelse invloed, iemand en mens opdraand gee, is individu. Mens tref dit aan in sinne soos: ’n Individu wat stemgeregtig is, sal ’n identiteitsbewys moet voorlê. Ek vra dit toe vir ’n individu in die voorste ry. Supermarkte word al meer masjiengerig, in plaas van individugerig.

In gewone Afrikaans was dit al die jare: Iemand wat stemgeregtig is, sal ’n identiteitsbewys moet voorlê. Ek vra dit toe vir iemand in die voorste ry. Supermarkte word al meer masjiengerig, in plaas van mensgerig.

Engels het eintlik net twee woorde wat die betrokke begripsveld beset: “person” en “individual”. Afrikaans het vier: persoon, individu, iemand en mens.

Individu het net so ’n interessante etimologie. Ons kry dit via Nederlands via Frans uit Latyn. Die Latynse woord individuus beteken “onverdeelbaar”. Dit is afgelei uit in-, “nie”, en die werkwoord dividere “verdeel”.

Cicero het individuus gevorm na aanleiding van die Griekse atomos, wat ook etimologies “nie snybaar nie” beteken.

Vandag weet ons dat die Grieke verkeerd was. Mens kán die atoom splits. En Cicero en die ander Romeine was ook verkeerd. Individue kan ook splits. Dan het hulle gesplete persoonlikhede.

En daarmee is ek terug waar ek begin het: by persoonlikheid. Dit is eenvoudig hoogdrawend om van persoonlikheid te praat waar persoon net so sou deug. Pieter-Dirk Uys is byvoorbeeld in die vermaaklikheidswêreld nie ’n bekende persoonlikheid nie, hy is ’n bekende persoon.

Ons gebruik in gewone Afrikaans persoonlikheid as ’n sinoniem nie vir mens of persoon of karakter of individu nie. Ons gebruik persoonlikheid eerder as sinoniem vir “opvallende samestel van karaktertrekke”. So sê mens byvoorbeeld: Pieter-Dirk Uys het hope persoonlikheid.

Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 14 Februarie 1994 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther