Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
pikkelbal s.nw. [geen meervoud] Ook picklebal
balsport wat in Amerika ontstaan het en elemente van pluimbal, tennis en tafeltennis kombineer, met soliede rakette oor ’n net gespeel: › My lewenslange vrees om pieperig, petieterig of potsierlik te wees was nie eens genoeg om my aan die oefen te kry nie. Maar toe ontdek ek pickleball [...] Dis terloops ’n simpel naam van duistere oorsprong. Die storie dat die uitvinders se hond, Pickle, met die bal weggehardloop het, is blykbaar nie waar nie. Hier aan huis noem ons dit pikkelbal, en dis my beskeie voorstel vir ’n Afrikaanse naam vir die sport (Zirk van den Berg, Vrye Weekblad, 27 Januarie 2023). › Dit blyk pikkelbal is die sport wat die vinnigste groei in Amerika. Derduisende mense speel dit, en daar is bane die land oor. In ander lande is ander vorme van tennis vir ons luies, soos padel of paddleball, ook glo gewild, maar hier in Nieu-Seeland loop pikkelbal loshand voor, en dit het selfs in Suid-Afrika uitgeslaan (Zirk van den Berg, Vrye Weekblad, 27 Januarie 2023). › Wat pikkelbal so gewild maak, is dat dit maklik is om te speel. Jy het nie die moeilike afslaan van tennis nie en omdat jou spaan nie sulke harde houe soos ’n tennisraket slaan nie, is dit makliker om die bal in die baan te hou [...] Jy kan verwag om meer houe te speel as in tennis en om minder te hardloop [...] Pikkelbal het in 1965 begin toe ’n paar gesinne op vakansie naby Seattle pluimbal wou speel, maar nie pluime kon kry nie (Zirk van den Berg, Vrye Weekblad, 27 Januarie 2023).
◌ ENGELS: pickleball
samestelling(s):
pikkelbaan: ›
Die sport het Suid-Afrika in Oktober 2021 getref toe twee buiteklubs in Johannesburg van hulle tennisbane vir pikkelbal omskep het – jy kan vier pikkelbalbane op een tennisbaan inpas (Zirk van den Berg, Vrye Weekblad, 27 Januarie 2023).
perioperatief
permakrisis
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
peuterbord
phishing
phola
picklebal
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet
piepie
pikkel
pikkelbal
pikosatelliet
PIMS
PIMS-TS
piñata
piñatakoek
Pinyinsisteem
pirocumulonimbus
pirocumulus
pirokonveksie
pis
pissie
pitaja
pizzapastei
PK
PKR
plafon
plak
plakker
-plakker
plantgebaseer
plantproteïen
plastiekboekanier
plastiekeiland