Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
sloertoer s.nw. | sloertoere | rustige reis, gewoonlik oor ’n lang(erige) afstand in ’n motor, gewoonlik met die doel om te ontspan, die landskap te geniet, nuwe plekke te verken, nuwe mense te ontmoet, avonture te beleef, en dergelike: › Ek is op ’n sloertoer na die Wes-Kaap (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 26 April 2024). › ’n Sloertoer deur die Overberg met sielsverkwikkende landskappe lei ons na die De Hoop-natuurreservaat, 30 km oos van Bredasdorp (Marquerite van Wyk, Netwerk24, 17 Februarie 2024). › Ek was toe reeds 36 jaar weg van die huis af en het Afrika erg gemis. Ek het al vantevore sloertoere deur Noord-Amerika, Europa en Suider-Afrika meegemaak, en besluit: Hoekom ry ek nie terug Zimbabwe toe nie? (Dot Bekker, Weg, 13 Julie 2022).
◌ ENGELS: road trip
slamat
slang
slapie
slapogie
sleb
slenternuus
slenterreis
slentertrap
slentertrapper
sleutelgatchirurgie
sleutelgatoperasie
sleutelklaar
slimbril
slimetiket
slimhorlosie
slimhuis
slimkontrak
slimluidspreker
slimmeter
slimomgewing
slimstad
slingersous
slippie
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smakie
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery
sneeuvlokkie 1
sneeuvlokkie 2
snellergereed
SNO
snoek
snoeptamatie