Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
swartkas-KI s.nw. [geen meervoud] KI wat so ingewikkeld is dat die besluitnemingsproses van die masjien of stelsel nie op ’n maklik verstaanbare vlak aan mense verduidelik kan word nie: › Swartkas-KI is ongewens, omdat dit baie moeilik raak om te identifiseer wanneer so ’n stelsel bevooroordeelde uitsette lewer of wanneer foute in logika voorkom. Dit is boonop baie moeilik om met die gebruik van so ’n stelsel vas te stel wie verantwoordbaar gehou moet word indien die uitsette foutief of selfs gevaarlik is. Dit is makliker om die integriteit en akkuraatheid van die uitsette van KI-stelsels te vertrou wat deursigtig is en geïnterpreteer kan word (prof. Basie von Solms, Netwerk24, 28 Februarie 2023).
◌ SINONIEM(E): geslotekas-KI
◌ ENGELS: black-box AI
KYK OOK: KI, intelligensie
stroomdiens
stroomkyk
stroomluister
studeerkamergeneraal
stuk
subteks
suffelste
suigeling
suigling
suikerlagie
suikerskedel
suipsafari
sumak
supermaan
superverspreider
suspension of disbelief
sustersmaan
SUT
suurkruid
SVA
swaan
swaardwalvis
swart
swartkas-KI
sweefdeeltjie
sweetberoep
swem
swembadnoedel
swerfgeskiedenis
swerfplastiek
swerfprogram
swerwer
swerwing
Swiftie
sy-ekonomie
sypaadjiefilosoof
ta
taal
taalmodel
tadjien
tafelsit
tagine
tajien
tajine
takotsubo-kardiomiopatie
talassofiel
talmkos