Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
trofeejag s.nw. [geen meervoud] jag van wilde diere as vorm van ontspanning en vermaak waarby ’n opgestopte deel, of ’n foto of video, van die dier wat geskiet is as trofee dien waarmee die jagter ná afloop van die jagtog mee kan spog: › Sommige akademici en jagdrukgroepe voer aan dat trofeejag tot voordeel van natuurbewaring is én ’n stewige finansiële inspuiting vir Afrika-lande bied (Vrye Weekblad, 24 Mei 2019). › Hy dink trofeejag is nie die oplossing vir Botswana se probleme met die konflik tussen die olifante en boere nie (Angus Begg, Vrye Weekblad, 14 Junie 2019). › Trofeejag sal net die situasie vererger deurdat die stropers en jagters op die bulle met groot tande sal fokus (Angus Begg, Vrye Weekblad, 14 Junie 2019).
◌ ENGELS: trophy hunting
afleiding(s):
trofeejagter
trammakassie
trans
transfobie
transgender
transisie
transjoernalistiek
transnasionaal
transseksueel
transtalig
transtaling
trapklip
trawie
trein
-trein
trek
trend
trendy
triek
trigologie
trigoloog
trigram
trilemma
trisomie
trofeejag
Trojaan
Trojaans
trolfabriek
trolliestoter
trolplaas
trolvegter
Trompie
troosdiens
troosdoos
trotsmars
truffeljag
Trumpetter
Trumpiaans
Trumpiet
Trumpis
Trumpisme
Trumpspoedig
truoniem
tsek
tsjador
tsoenami
tsotsilitikus
tsunami