Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
vraatkyk
♦ ww. | het gevraatkyk | (deur te stroom of deur middel van DVD’s) na ’n reeks (TV-)programme kyk, die een ná die ander, sonder onderbreking: › Jy kan jou weg deur die 23 boeke lees of jy kan kortpad vat en sewe seisoene van die reeks [...] aanlyn vraatkyk (Sonja van der Westhuizen, Netwerk24, 31 Januarie 2022). › Ek weet nie hoekom ek aanvanklik gedink het die Amazon Prime-reeks I Love Dick (2016) verdien om geïgnoreer te word nie, maar dit was ’n fout, want ek het dit gisteraand in een proesende sessie gevraatkyk (Ali van Wyk, Binne+Land, 10 Oktober 2025).
◌ SINONIEM(E): fuifkyk | kettingkyk
◌ ENGELS: binge-watch
♦ s.nw. [geen meervoud] die handeling van vraatkyk: › Vraatkyk en lees is al opsie (Netwerk24, 31 Januarie 2022). › Sondagmiddae is gemaak vir vraatkyk. Iets wat jou brein in neutraal plaas (Netwerk24, 9 Junie 2019).
◌ ENGELS: binge-watching
samestelling(s):
vraatkykplesier
vlooi
voedselsekerheid
voerderfonds
voerfonds
voetesleep
voetgroet
voetnek
VoIP
volgeling
volger
volksonomie
vonkmaatskappy
vonkprop
voorkamerkonsert
voormens
voormense
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA
VPN
VR
vraatkyk
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam