Bygewerk op 4 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther
Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat elders in die slag gebly het – intyds in die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Dankie, almal wat aan ons leesprogram deelneem!
Apiesdorp s.nw. [geen meervoud] (informeel, skertsend) Pretoria: › Ek lees vroeër vandag dat iemand na Pretoria verwys as Apiesdorp (n.a.v. die Apiesrivier). My pa het altyd na Potchefstroom as Potjiesdorp verwys. Watter Afrikaanse byname ken julle vir dorpe en stede? (Ebies Ebersohn in die groep Argaïese Afrikaanse uitdrukkings is cool!, Facebook, 17 Augustus 2019). › Ek wil nie graag in Apiesdorp bly nie (C. van der Merwe, Beeld, 1 Augustus 2003). ◌ SINONIEM(E): Aapstad ◌ ENGELS: Pretoria
Kommentaar
“Daardie ‘Apiesdorp’ vir Pretoria is nogal interessant met verskeie verduidelikings verwysende na die woord Tshwane. Een daarvan is dat dit die Sesothowoord is wat na ’n ‘klein apie’ verwys en ’n ander teorie is dat dit die Sothoverwysing is na die Afrikaanse riviernaam, die Apiesrivier in daardie omgewing, en dan is daar ook nog ’n derde verwysing na een of ander kaptein in die 1800’s wat grond daar gehad het. Wat ook al die ware herkoms, ons Afrikaanse Namekomiteelede het baie gou tydens die Pretoria-Tshwane-debat destyds die uitdrukking begin gebruik: ‘Van Aapstad tot Kaapstad ... skreeu almal in SA vandag vir die Bokke’.”
Corlietha Swart, Bloemfonteinse Skrywersvereniging
17 Augustus 2019, Facebook
AMT
anderding
anderjanstorie
Anglikaans
Anglokaans
ankole
ant
antie
Antie Rona
antieksjiek
Antifa
antihistamien
antiinflammatories
antilokusie
antinatalis
antinatalisme
anti-vaxxer
Antjie Somers
antologiereeks
antroponose
Antroposeen
Apgartelling
Apgartoets
Apiesdorp
apiterapie
apparatsjik
Arabiese Lente
ARB
Archaea
archaeon
ARDS
arganboom
arganolie
argileh
argitektuur
arkaan
arm
ARNS
artikel 21
artikel 21-maatskappy
asado
aseksualiteit
aseksueel
asimptomaties
asimptomatikus
asknoper
ASMR