Bygewerk op 2 Maart 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 449
mesmeraais | het gemesmeraais | (uit Engels, informeel) ◌ Ook (weinig gebruiklik) mesmeriseer ◌ vasgenael hou; hipnotiseer: › ’n Hoëveldse donderstorm is dié gratis skouspel waarvan ek seker nooit genoeg sal kry nie. Daar is iets aan die ontembare vertoon van krag, die reuk van die eerste swaar, lou druppels op gebakte plaveisel wat my mesmeraais. (Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 20 Desember 2019). › Net voor die drie het L. die All Blacks gemesmeraais met ’n lopie van goed 60 m doellyn toe wat M. afgerond het, maar obstruksie deur J. het die drie ongedaan gemaak (Bokkie Gerber, Rapport, 14 Augustus 2022). › In my eerste jaar in die army in 1988 het ’n ou wat in dieselfde kantoor as ek gewerk het eendag opgedaag met André Letoit (Koos Kombuis) se kasset Ver van die Ou Kalahari. Ek was totaal gemesmeraais (Dirk Jordaan, Vrye Weekblad, 15 Januarie 2021). › Die stad en sy kuns, musiek en mense het my gemesmeraais (Jacques Naudé, Vrye Weekblad, 15 Mei 2020). ◌ ENGELS: mesmerise
Medisynebeheerraad
meerderhands
MeerKAT
meerkatmaan
megaboer
megaboerdery
megafter
megoudie
melkkuns
melkmaan
melktertmusiek
memento mori
meneer
Mengels
menseregtevergrype
menstruasiebeker
menstruasiekelkie
menstruasiekoppie
mentor
mentorskap
meritokrasie
merker
MERS
mesmeraais
mesmoertang
messiaskompleks
met
metadata
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie