Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
outismespektrum s.nw. [geen meervoud] Ook outistiese spektrum
kontinuum van outistiese steurings en verwante aandoenings waarby simptome volgens ’n glyskaal beskryf word: › Ek is ’n ma van ’n seun van 23 wat ’n Asperger is. Dié term, wat verwys na outiste wat “hoogs funksionerend" is en genoem is na die Oostenrykse sielkundige en pediater Hans Asperger, het in onbruik geraak en daar word eerder na mense op die “outistiese spektrum” verwys [...] Mens hét nie outisme nie, jy lý nie aan outisme nie, jy IS outisties (Niki Harmse, Vrye Weekblad, 7 Mei 2021). › Aaron het met sy geboorte gesond gelyk, vertel Ilana. Maar sowat ’n jaar later is sy ouers se vrees bewaarheid toe ’n diagnose op die outismespektrum ook by hom gemaak is (Pieter van Zyl, Huisgenoot, 23 April 2020).
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse
OSW
OTP
ouballie
ouboeja
ouderdomsdiskriminasie
oudiobiblioteek
oudioblog
oudioblogger
oudioteek
ouerskaamte
oulapworsie
oumagroot
oupagroot
oupapoeier
ouroboros
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
padasang
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi