Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels gewys, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

streepmuis s.nw. | streepmuise | streepmuisie | (Karoo-afrikaans, kookkuns) broodjie wat op ’n rooster oor kole gaargemaak word: Middeloggend bak Meitjies streepmuis op die rooster, en soos die broodjies gaar word, word hulle geëet. Mieta is ook glad nie suinig met haar stroop en heuning nie (Lize Albertyn-du Toit, Die kinders van Spookwerwe, 2019). (Streepmuis is) vloekbrood. Want dit brand jou vingers wanneer jy dit op die rooster omdraai. Maar onverbeterlik met plaasbotter en vyekonfyt! (Martie Raubenheimer, Facebook, 10 September 2020). Almal eet roosterkoek (streepmuis), maar die arm stand eet askoek – dis een en dieselfde ding, net anders gaargemaak, afhangend van geriewe (News24, 17 November 2012).SINONIEM(E): roosterkoek | askoekENGELS: griddlecake

oorsprong:
Na die bruin en wit strepe oor die broodjie wanneer dit van die rooster gehaal word.


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther