Bygewerk op 14 Augustus 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Wortel | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk (met uitsondering van rubriekinsetsels, beeld en klank, wat jy slegs hier kry). Tik ’n woord in die kassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels gewys, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

stroom

ww. | het gestroom |
1
water | vloeistof | elektrisiteit  

2
(figuurlik) mense | dinge  

3
(rekenaar) (veral oor die internet) klank- en/of video-inhoud in opeenvolgende bondels/pakkies stuur of ontvang sodat die inhoud voortdurend speel, soos dit ontvang word, sonder dat dit op ’n harde- of ander skyf bewaar hoef te word: jou gunstelingmusiek stroom Binne ’n enkele dag is die video duisende kere gestroom.ENGELS: stream


s.nw. | strome | stroompie |
1
water | vloeistof | elektrisiteit  

2
(figuurlik) mense | dinge  

3
[gewoonlik enkelvoud] (rekenaar) bestendige vloei van klank- en/of video-inhoud via die internet sodat ’n gebruiker daarna kan luister en/of kyk sonder om die inhoud op sy/haar rekenaar/tablet/slimfoon hoef te bewaar. ENGELS: stream

4
(internet) opeenvolging van plasings en kommentaar op ’n sosialemedia-platform: Twitterstroom.


samestellings:
stromingsdiens: … het ’n nuwe promosie van stapel gestuur waardeur sy stromingsdiens […] geen data verbruik op dié netwerk nie (Petrus Malherbe, Netwerk24, 7 Mei 2018).  ◌ Engels: streaming service
stroomplatform: Daar is ’n stormloop na nuwe uitreikings op stroomplatforms (TV Plus, 19 November 2020).ENGELS: streaming platform
stroomuitsending: Die kommentators op die regstreekse stroomuitsending het D. as die wenner aangewys, maar dit was sy spanmaat [...] wat hom met ’n wielbreedte geklop het (Annchen Nel, Netwerk24, 8 Maart 2020).ENGELS: stream broadcast


afleiding(s):
stromingENGELS: streaming


  Muggiesifters sien waaierore agter elke bult (Netwerk24) | Afrikaans is ’n ding wat spring (Vrye Weekblad) | Oral op drade sit kraaie, ook in oondstede (Netwerk24)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nie aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n eie inisiatief van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther