Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
digitiseer s.nw., ww. | het gedigitiseer | na ’n digitale formaat omskakel: › Volgens dr. Adri Breed … is daar verskeie nasionale en internasionale instansies wat tans om verskeie redes Afrikaanse materiaal (byvoorbeeld taal- en letterkundige werke, kultuurhistoriese materiaal, akademiese naslaanwerke en argiefmateriaal) digitiseer (Afrikaans.com, 22 September 2017). › Die Wes-Kaapse Argief neem saam met die Nasionale Argief in Pretoria die voortou in die Suid-Afrikaanse argiefwese deur dokumentreekse en kaartversamelings volgens internasionale argiefbeleid tans met die beste toerusting te digitiseer (Helena Liebenberg, Tydskrif vir Geesteswetenskappe 58 (2), Junie 2018).
◌ ENGELS: digitise, digitize
KYK OOK: digitaliseer
dermsakkie
dermuitrygery
dêrra
dêrrie
deugdwang
deugpronker
deugpronkery
deugsinjalering
deurbraakinfeksie
dhai
dhal
dhoe’r
dialek
diamantmaan
DiCaprio-kewer
diensrobot
diep
diepdekkingsagent
digikon
digisfeer
digitaal
digitaliseer
digitalisering
digitiseer
digitisering
dikgewrig
dikgewrig-
dikvingerfout
dingemalêrie
dinges
dinktenk
diogenessindroom
disanie
disfemisme
disinformasie
distansiëringsuitrusting
djas
djieker
djintoe
djits
DM
DNA
DNS 1
DNS 2
dodemars
doekebraai
doemkopter