Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

eend s.nw. | eende |ENGELS: duck

UITDRUKKING(S):
my dam se eende mense of ’n groep by wie die spreker of skrywer aanklank vind, of hom of haar mee kan identifiseer; my (soort) mense: Dis nou nie juis my dam se eende nie, maar niemand kan ontken nie dat B. in twee dekades ’n formidabele empire gebou het wat niemand [...] meer kan ignoreer nie (Max du Preez, Vrye Weekblad, 10 November 2023). Jy omring jouself met jou dam se eende (Cintaine Schutte, Netwerk24, 25 Maart 2023). Ek hardloop die Comrades elke jaar [...] omdat ek die geleentheid wil aangryp om ten goede te verander, om my vreemde boot te stuur deur ’n see van welwillendheid [...] en die dag deur te bring met vreemdelinge waarvan ek hou – my dam se eende – duisende en duisende van die mees voortreflike mense denkbaar (Bruce Clark, Rapport, 4 September 2022).

’n eend by die verkeerde dam wees jou bevind op ’n plek waar jy nie hoort nie, of waar jy jou nie tuis of gemaklik voel nie: Ek was ’n eend by die verkeerde dam. Ek móés vlug (Max du Preex, Vrye Weekblad, 8 Desember 2023).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther