Bygewerk op 27 April 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 464

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

ekspat s.nw. | ekspats | (uit Engels, informeel)Ook (Engels) expat
1
iemand wat burgerskap van sy of haar eie land prysgegee het om ’n burger van ’n ander land te word: ’n Kantoorpark in Edenvale aan die Oosrand is die laaste plek waar jy ’n outentieke Italiaanse deli sal verwag. Te oordeel aan ’n groot deel van C. se kliënte, Italiaanse ekspats wat deur die produkte snuffel op soek na ’n ordentlike bottel passata of ’n vars ciabatta, weet jy jy is op die regte plek (Carla Lewis, Netwerk24, 3 Oktober 2020).SINONIEM(E): uitgewekene

2
iemand wat woon en werk in ’n ander land as die land waarvan hy of sy burgerskap het, dikwels tydelik, om werkredes: Die lewe van ’n ekspat is lekker – tot op ’n punt. Ek wou nooit Suid-Afrika permanent verlaat nie. Dit was bloot vir die avontuur (Rapport, 2 April 2023). Amsterdam is vol Suid-Afrikaanse ekspats (Hanri Wondergem, Netwerk24, 1 April 2023). Die eiendomsagentskap [...] word oorval met belangstelling in duur huise landwyd van veral oorsese superrykes en Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk (ekspats) (Netwerk24, 7 Julie 2021).ENGELS: expat | expatriate


samestellings:
ekspat-belasting: Die instelling van die ekspat-belasting het baie Suid-Afrikaners wat die land verlaat het, maar dit nog nie formeel as emigrasie afgehandel het nie, laat wonder of dit nie beter sal wees om eerder net te emigreer nie (Liana Mocke, Netwerk24, 23 Junie 2021).
ekspat-skrywer: Ekspat-skrywers soos Marita van der Vyver, Zirk van den Berg, Eben Venter en Chris Karsten het stories geskryf vir die bundel (Sarie, 9 Maart 2023).
ekspat-storie: “As ek kan liefhê” deur Eben Venter is die slotverhaal in Ver in die wêreld, ’n bundel met 23 ekspat-stories deur topskrywers, saamgestel deur Frederik de Jager (Rapport, 12 Februarie 2023).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther