Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
miljuisend s.nw. | miljuisende | [dikwels meervoud] ontelbaar baie: › Een van die verpligte goed (benewens ’n miljuisend ander) wat jy as aansoeker moet laat doen, is ’n doktersondersoek (Sybrand B. Harris, Netwerk24, 8 April 2019). › Die strewe na balans, geluk en ’n minimalistiese leefstyl is maar vir die mens wat droom, begeer en graag soos kraaie blinkgoed na hul nes toe aandra, makliker gesê as gedaan. Seker van daar die goeie verkope van die miljuisende selfhelpboeke (Esté Gross, Netwerk24, 30 September 2021). › Jy kan nie ’n generiese brief en CV aan alle werkgewers en recruiters stuur nie, want jy sal eenvoudig ‘wegraak’ tussen die ander miljuisende aansoekers (Maretha Botes, Kuier, 15 September 2021).
◌ ENGELS: millions of thousands
metadata
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
mezze
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan
mirresyne
misgender
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan
mittedjale
mizuna
MJC
MJR
MKI
MNS
mobiliteitsbromponie
modder
modemasker
modus
moeder