Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
nwata (lekties, sleng, neerhalend)
♦ b.nw., bw. [attr. en pred.]
1
Ook nwatas
dom; onnosel: › C. dink seker ons is nwatas (Hein Willemse, Netwerk24, 19 April 2023).
◌ ENGELS: foolish | stupid
2 (figuurlik) vuil: › Basta met jou nwata gedagtes. (@Grondwerk, Twitter, 14 April 2017). › En as jou nwata bek vol sand raak, djy kan maa op jou eie vestik (@_vanniekaap, Twitter, 2 Mei 2019).
◌ ENGELS: dirty
♦ s.nw.
1
Ook nwatas
[geen meervoud] nonsens; onsin; snert; twak: › Dink ek praat nou net nwata! (@ThabisoKhambule, Twitter, 21 April 2015).
◌ ENGELS: nonsense
2 | ~s | nikswerd; idioot; etter; bliksem; vuilgoed: › Die fokken nwata! (@AmbienQueen, Twitter, 27 Augustus 2012). › Julle fokken nwatas!!! (@Ixmeez_, Twitter, 6 Maart 2013). ◌ Engels: rubbish
noem
noenoes 1
noenoes 2
noir
NOK
nommer
nomofobie
nonsens-antenna
noölogie
noösfeer
normaal
nottendêm
nottenwiel
NSFAS
NSTF
NT
nuata
nugter
NUK
nul
nuus
nuwetegnologie-mineraal
NVG
nwata
nyaope
nywerheidsomwenteling
nywerheidsrevolusie
objekseksualiteit
objekseksueel
objektofiel
objektofilie
objektum-seksualiteit
objektum-seksueel
OBK
OBSA
ODF
ODT
OECD
oek
oemf
oemie
oepsie
oesmaan
Oeso
Ôfrikôôns
oggendmens
okkapyp