Bygewerk op 27 April 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 464

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

pareidolie s.nw. [geen meervoud] soort illusie waarby iemand iets waarneem, en dan skielik, in dit wat waargeneem word, ’n ander voorwerp, patroon of betekenis sien of hoor, soos wanneer ’n mens na ’n wolk of ’n rotsformasie kyk en die vorm daarvan jou aan ’n gesig of ’n ander voorwerp laat dink, of wanneer ’n mens iets hoor en die geluid jou aan ’n ander geluid herinner: Dis heeltemal moontlik om boodskappe te hoor waar daar nie is nie. Die verskynsel het ’n fênsie naam: pareidolie, wat Wikipedia definieer as “ ’n sielkundige fenomeen waarin die brein op ’n stimulus reageer, gewoonlik ’n beeld of klank, deur ’n bekende patroon waar te neem waar daar nie een is nie. Op dieselfde manier sien ons gesigte in wolke, rotse of op Mars. En dis presies waar die man in die maan vandaan kom (André le Roux, Rapport, 4 November 2018). In die skildery met ’n kopbeen ontdek die spreker ’n andersoortige lig. Vir haar is dit ’n “studie in verbleiking”, en “in die gewelwe van die skedelslaap” herken sy die kunstenaar se selfportret. Sy wil van hom weet of dit opsetlik was, of per ongeluk, of slegs haar pareidolie – die verskynsel waar ’n bekende beeld of patroon in ’n lewelose objek waargeneem word (Zandra Bezuidenhout, Rapport, 14 Januarie 2018).ENGELS: pareidolia

oorsprong:
Van Grieks para saam, by, naby + eidolon beeld.


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther